Visskandaal sink ministers
Visskandaal sink ministers
Shanghala, Esau bedank
14 November 2019 | Plaaslik
Jemima Beukes en Ogone Tlhage
Die minister van justisie, asook dié van visserye en mariene hulpbronne, het gister te midde van 'n omkoopskandaal oor viskwotas bedank.
Mnre. Sacky Shanghala en Bernard Esau het hul bedankings ingedien ná 'n vergadering gister met president Hage Geingob in die nadraai van aantygings oor en ondersoeke na N$150 miljoen se omkoopgeld van 'n Yslandse maatskappy om Namibiese viskwotas te verseker.
Geingob het intussen die minister van binnelandse sake, mnr. Frans Kapofi, en die prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, onderskeidelik in Shanghala en Esau se plek aangestel.
Shanghala het gister enige misdryf ontken rakende aantygings dat sy en Esau se sak deur die Yslandse maatskappy SAMHERJI gevul is.
Esau het hom ook van die skandaal gedistansieer en gesê bewyse sal verskaf moet word om hom skuldig te bevind. “Hulle moet [dit] bewys. Ek beskou alles as propaganda.”
Die SAMHERJI-omkoopgeld is glo tussen 2012 en 2018 betaal.
Volgens internasionale berigte is die Namibiese politici en beamptes wat na bewering omkoopgeld ontvang het, mnre. Esau, Shanghala (wat vroeër die prokureur-generaal was), Tamson 'Fitty' Hatuikulipi, wat as konsultant vir SAMHERJI gewerk het, en James Hatuikulipi, die raadsvoorsitter van Fishcor en besturende direkteur van Investec Namibia.
Mnr. Mike Nghipunya, die uitvoerende hoof van Fishcor, word ook geïmpliseer.
Die Yslandse hokaairoeper mnr. Jóhannes Stefánsson, wat glo saam met owerhede werk om die beweerde korrupsie oop te vlek, was SAMHERJI se verteenwoordiger in Namibië. Hy is in 2016 afgedank.
Mnr. Thorsteinn Már Baldvinsson, uitvoerende hoof van SAMHERJI, het 'n verklaring uitgereik: “Dit is vir ons uiters teleurstellend om te verneem dat Jóhannes Stefánsson, oud- besturende direkteur, klaarblyklik betrokke was in verdagte sakepraktyke en SAMHERJI moontlik by onwettige aktiwiteite betrek het.” Stefánsson is volgens die maatskappy weens wanbestuur en onaanvaarbare optrede afgedank.
Mnr. James Hatuikulipi was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Voor sy bedanking gister bekend gemaak is, het Esau gesê dit moet bewys word dat hy sy pligte as minister versuim het of korrup was.
Dié politieke drama het die besoek van 'n Bulgaarse afvaardiging gisteroggend aan die Namibiese president oorskadu.
Toe verslaggewers van Republikein se susterskoerant Namibian Sun Geingob by Staatshuis genader het, wou hy nie oor die kwessie praat nie. “Ons sal julle laat weet,” het hy gesê.
Volgens die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie, mnr. Paulus Noa, ondersoek hulle die saak al meer as 'n jaar en het owerhede van lande soos Angola betrek.
Noa is egter nie oortuig dat 'n video waarin Esau glo omkoopgeld ontvang, voldoende bewys vir 'n hofsaak is nie.
“Ja, jy het 'n minister op kamera gesien, maar dit is nie genoeg vir die hof nie. As jy dit voorlê, moet jy kan toon dit is outentiek en iemand moet bevestig so iets het plaasgevind, asook waar dit gebeur het.
“Die videogreep kan deel wees van die getuienis en ek kan nie vir jou sê of ons ander foto's het nie,” het hy gesê.
Nghipunya, wat na bewering omkoopgeld van die Yslandse publikasie Stundin ontvang het, sê hy weet nie hoekom sy naam genoem is nie. “Ek weet nie hoekom hulle my naam gelys het nie, want ek het nooit omkoopgeld ontvang nie,” sê hy in 'n teksboodskap.
Noa sê die ondersoek is vertraag omdat net brokkies inligting van tyd tot tyd ontvang is. Hy kan nie sê hoe lank die ondersoek sal duur
nie.
“Daardie inligting (WikiLeaks) is nie voorheen aan die ACC verskaf nie. Ons het dit eers vanjaar ontvang en het met belanghebbendes geskakel. Ons is in kontak met ander owerhede om die beweringe te staaf en dokumentêre bewyse te kry,” het Noa gesê.
Hy sê hulle probeer bepaal of die ooreenkoms tussen die Angolese en Namibiese visseryministeries op bedrieglike wyse bereik is.
Noorweë se teenkorrupsieliggaam, Økokrim, ondersoek ook die saak, terwyl dit ook by Ysland se distriksadvokaat in Reykjavík aanhangig gemaak is.
Die hoof van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê hy is onbewus van die saak. “Ek ondersoek dit nie.”
Die politieke ontleder mnr. Kamwanyah Ndumba sê die skandaal is skadelik vir die regerende party en huidige regering, asook dat Esau en Shanghala bedank het. Dit kan by die publiek die indruk wek dat Geingob nie mans genoeg was om met hulle af te reken nie.
Die grondwetkenner dr. Nico Horn sê dit is so kort voor die verkiesings “te laat vir trane” vir Swapo. Hy meen dit gaan beslis 'n invloed op die party se uitslae hê.
- [email protected]

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
22 ure gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
22 ure gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
22 ure gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
22 ure gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
22 ure gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
22 ure gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
22 ure gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
22 ure gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
22 ure gelede | Regering
Kleinadvertensies