Visserye: Werkwinkel wil korrupsie uitwis

Hawe, vismaatskappy besoek

08 April 2019 | Misdaad
‘n Werkwinkel oor strategieë om die risiko van korrupsie in die visbedryf te verminder, is onlangs op Swakopmund gehou.

Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het dié werkwinkel van 28 tot 29 Maart in samewerking met die Verenigde Nasies se Kantoor teen Dwelms en Misdaad (UNODC) aangebied.

Daar is op die ontwikkeling en implementering van voorlopige strategieë gefokus om die risiko van korrupsie te verminder deur prosesse en prosedures te evalueer, wat met inspekteurs en monitors in die bedryf verband hou.

Die idee was dat die evalueringsproses praktiese voorstelle oplewer om geïdentifiseerde risiko’s te verminder.

ACC-personeel, monitors en inspekteurs het die geleentheid gehad om Namport en Tunacor Fisheries Limited op Walvisbaai te besoek om ’n beter begrip van die prosessse in die visbedryf te kry.

Die werkwinkel is gehou om onder meer spesifieke doelwitte van die Nasionale Teenkorrupsiestrategie en -Aksieplan te help bereik.

Dit het uit beraadslaging in Oktober 2017 oor swakplekke in identifisering en korrupsie in die visbedryf voortgespruit.

Afgesien van die bedryf se monitors en inspekteurs het verteenwoordigers van visverenigings, die ACC en UNODC die werkwinkel bygewoon.

Soortgelyk

 

Maak jou stem dik

2 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die aanvullende registrasieproses vir vanjaar se verkiesing het Maandag afgeskop en sal tot 27 Julie voortduur.By talle registrasiepunte het dinge stadig uit...

Katrina gee bes

2 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Te midde van groot openbare druk het Katrina Hanse-Himarwa gistermiddag die tuig neergelê as minister van onderwys, kuns en kultuur.Kort nadat die...

Kolonel en kie stroop glo wild

2 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - ’n Weermagkolonel en ’n instrukteur by ’n beroepsopleidingsentrum is Maandag op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat nadat hulle daarvan beskuldig is...

Weer vir 10 Julie 2019

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde. In die binneland sal dit winderig wees met sandstorms oor die Namib.KUS: Sonnig en baie...

Net 26,7% water in damme oor ...

2 ure gelede |

Elvira Hattingh - Damme in Namibië het in totaal net 26,7% of 186,820 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor.Dít in vergelyking met dieselfde tyd verlede...

UPM wil Baster-grondeis instel

2 ure gelede | Politiek

Die United People’s Movement (UPM) het bevestig pogings is aangewend om ’n grondeis in te stel vir grond wat tydens die Duitse, Suid-Afrikaanse en Swapo-regering...

Namibiërs eersdaags met die maan gepla

2 ure gelede | Tegnologie

Elvira Hattingh - Voor die 50ste gedenkjaar sedert die maanlanding wêreldwyd op 20 Julie gevier word, gaan die maan eers ‘n besonderse vertoning vir aardlinge...

Een uit tien voltooi nie laerskoolopleiding

2 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sou dinge voortgaan soos nou gaan een uit elke tien kinders in Afrika suid van die Sahara nie hul laerskoolopleiding teen 2030...

Honderde bakkies vir verkiesing

2 ure gelede | Politiek

Honderde Windhoekers wat bakkies besit, het verlede week na die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se kantoor gestroom om hul voertuie vir die aanvullende registrasie van...