Visrowers looi kabeljoubron
Visrowers looi kabeljoubron

Visrowers looi kabeljoubron

Des Erasmus
Des Erasmus



'n Visrowersparadys is die strandgebied tussen die Paaltjies en die grens van Sandvishawe waar 'n verbod op kabeljou­vangste vir eie gebruik van 1 Januarie tot 31 Maart geld.

Selfs Suid-Afrikaners deel in die stropery met een indringer wat al op die kusdorpe beweer het sy vangs van 'n enkele dag het vir hom 'n geldwaarde van 'n ­geskatte N$15 500 ingehou.

Die betrokke geslote gebied is deur die ministerie van ­visserye en mariene hulpbronne ­afgekondig om die kabeljoubron te beskerm.

Groot skole kabeljou trek in die eerste drie maande van die jaar uit die noorde na die broeivelde by Sandvishawe.

Ná die broeiery by Sandvis trek die vis dan weer noordwaarts terug.

Die gebied, bekend as die ­Paaltjies, is nie vir hengel gesluit nie, maar wanneer 'n kabeljou wel aan die hoek kom, word van hengelaars verwag om dit ­versigtig terug in die water te plaas.



Die verbod word openlik geminag met 'n horde hengelaars van Walvisbaai, Swakopmund en selfs Hentiesbaai wat Sondag daar toegesak het.

Beweringe is dat geen waarde geheg word aan die voorgeskrewe kwota van net tien eetbare visse per dag per hengelaar nie. Nog minder word daar gesteur aan kabeljou wat dié tyd van die jaar daar 'n verbode spesie is.

Oproepe na die inspektoraat op Walvisbaai deur verteenwoordigers van georganiseerde hengel het tot gister in die algemeen onbeantwoord gebly.

Waar wel geskakel is, was beweerde antwoorde dat daar nie brandstof vir patrollievoertuie is nie, selfs dat sodanige voertuie nie beskikbaar is nie. Selfs wanneer hulp aangebied is om as reserviste met die bewaring te help, is dit van die hand gewys.

Sedert Sondag vang al wat leef en beef daar vis met die stormloop van die Sabbat wat gister net effens afgeplat het. 'n Roekeloosheid word teen Suid-­Afrikaanse hengelaars beweer met besonderhede wat volgens een bron aan die inspektoraat verstrek is.

Selfs die bynaam van een van die voertuie van een van die plunderaars is verstrek.

Nog 'n bewering is dat vergrype nie net vir die kabeljoubron geld nie, maar dat honderde witmossels ook elders op die strande ingesamel word teenstrydig met heersende voorskrifte.

Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, se jaarlikse beleidsvergadering met die visserysektor is vir Vrydag in 'n groot tent by die Walvisbaaise strandmeer geskeduleer.

In voorleggings en gesprekke met die minister gaan nie net oor die verbod op kabeljoue by die Paaltjies gekonsentreer word nie, maar versoeke gaan ook gerig word na 'n ketting van afset waarby die georganiseerde handel ook betrokke kan wees.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!