Vismaatskappye ondersteun voedselbank
Die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn het onlangs twee skenkings van sowat N$2,5 miljoen en N$50 000 van Namsov-gemeenskapstrust en Kandi Fishing (Pty) Ltd. in die hoofstad ontvang.
Tydens die oorhandiging het die minister, biskop Zephania Kameeta, gesê: "Jul beleggings sal die lewens van Namibiërs betekenisvol verander."
Dié skenkings sal die ministerie in staat stel om die gemeenskap te ondersteun sodat hulle produktiewe Namibiërs kan word en ook tot die samelewing kan bydra," het Kameeta gesê.
Hy het die maatskappye bedank dat hulle gereageer het op die president se versoek om saam te staan in die stryd teen armoede. In plaas daarvan om voedsel te skenk, het hulle geld geskenk wat die ministerie toelaat om areas van behoefte te identifiseer en die geld daarvolgens aan te wend, het die biskop gesê.
Hy het bygevoeg die voedselbank is net ’n klein deel van dit wat die ministerie doen. Ander pogings sluit in die boorgate wat onlangs by die Nehale Lya Mpingana-kiesafdeling in die Oshikotstreek aangelê is.
Kameeta het beklemtoon dat onderwys ook ’n sleutel in die opheffing van arm mense bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie