Viskwotas Vrydag opgeveil

19 August 2020 | Visserye
Ronelle Rademeyer – Die ministerie van finansies se veiling van viskwotas aan die hoogste bieërs om die fiskus uit sy benarde geldnood te help, sluit Vrydag om 10:00.

Die kwotas vir stokvis, makriel en marsbanker sal aan dié plaaslike en internasionale vismaatskappye toegeken word wat bereid is om die meeste geld daarvoor te betaal.

Me. Ericah Shafudah, die uitvoerende direkteur van finansies, het Maandag aangekondig die tenderdokumente vir aanbiedinge vir die beskikbare kwotas van 11 000 ton stokvis, 72 000 ton marsbanker en 392 ton makriel, is van 17 tot 21 Augustus beskikbaar.

Wat marsbanker betref, kan internasionale sowel as plaas­like vismaatskappye vir 60% van die kwota, of 43 200 ton, bie. Die reserweprys beloop N$3 500 per ton.

Die ander 40%, of 28 800 van die 72 000 ton, is net vir Namibiese maatskappye gereserveer. Dié 40% is verdeel in 8 640 ton vars en 20 160 ton gevriesde marsbanker. Die reserweprys hiervoor is onderskeidelik N$2 500 en N$3 000 per ton.

Dié besluit van die regering het vroeër hewige kritiek in die visbedryf ontlok.

Mnr. Matti Amukwa, voorsitter van die Konfederasie van Namibiese Visseryeverenigings, meen dit is te laat in die seisoen om kwotas aan plaaslike en internasionale bieërs op te veil.

“Ons nader die einde van die stokvisseisoen einde September. Die makrielseisoen eindig Desember en die marsbankerseisoen is vanaf Mei tot April,” het hy vroeër aan Leandrea Louw van Republikein se redaksie op Walvisbaai gesê.

“Hoe gaan ons buitelandse vissersbote inbring as ons grense weens die Covid-19-pandemie gesluit is? Agtergrondondersoeke moet gedoen word as ­vissersbote in ons waters vaar om te verseker dat hulle nie in onwettige visvangaktiwiteite betrokke was nie.

“Daar is soveel vrae. . . en ons het slegs ses weke voor die stokvisseisoen eindig. Tyd staan nie stil en wag vir ons om op te tree nie,” was 'n ontstelde Amukwa se mening.

Dit bekommer dié konfederasie dat die visbedryf nie deeglik oor die veiling geraadpleeg is nie.

Volgens die ministerie van finansies sal die uitslag van die veiling op 27 Augustus bekend gemaak word. Die maat­skappye sal egter eers kan begin vang as die volle bedrag vir hul kwota betaal is.

Verder moet die vangste deur bote gedoen word wat in Namibië geregistreer is.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...