Viskwotas: Veilings bring N$409 m. in

05 November 2021 | Visserye
Ronelle Rademeyer – Die opveil van viskwotas in Junie en Augustus vanjaar het 'n inkomste van N$408,6 miljoen vir die fiskus gegenereer.

Dit is die tweede jaar dat die regering viskwotas teen die hoogste bod op 'n openbare veiling aanbied.

Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het Dinsdag in die Nasionale Vergadering dié syfers gedeel toe hy terugvoering gegee het oor die uitkoms van die tweede ronde viskwotaveilings wat op 18 Junie plaasgevind het.

Hy sê dié bedrag sluit die registrasiegeld van N$62 000 in.

Hy sê 'n totaal van 15 948 ton stokvis is op 18 Junie opgeveil wat 'n totaal van N$189,8 miljoen vir die fiskus ingesamel het, terwyl 'n totaal van 87 500 ton maasbanker wat op ­dieselfde dag opgeveil is, vir 'n inkomste van N$128,6 miljoen gesorg het.

Die viskwotas van 392 ton monnikvis wat op 27 Augustus opgeveil is, is N$4,3 miljoen aangebied.

“Daar was oorblywende kwotas van 27 300 ton maasbanker wat weens swak aanvraag op die veiling nie verkoop is.



OORBLYWENDE HOEVEELHEID

Gevolglik het die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, gegewe die hoeveelheid ton wat ­beskikbaar was en met ses maande oor van die maasbankerseisoen, die regering van die Demokratiese ­Republiek die Kongo (DRK) genader wat die begeerte uitgespreek het om hierdie oorblywende ­hoeveelheid ton op te neem,” het Shiimi gesê.

Volgens Shiimi het dié land se regering die N$85,7 miljoen wat hy daarvoor moes opdok, op 7 Oktober oorbetaal.

Hy het daarop gewys die kwota is, soos normale veilingsreëls vereis, vir teen die gemiddelde veilingsprys vir maasbanker verkoop.

“Daarom is die totale metrieke ton vir maasbanker verhoog van die 60 200 ton wat oorspronklik op 'n veiling verkoop is tot 'n volle toekenning van 87 200 ton teen N$214 350 448, het die finansminister gesê.

Volgens hom sal die geld wat uit die veilings verdien is, gebruik word om regeringsprioriteite te finansier, veral in die gesondheidsektor waar bykomende geld vir die Covid-stryd nodig is.

“Gegewe die uitslag van die veilings, is ons steeds oortuig daarvan dat die veilings die gepaste metode is om die kwota wat vir regeringsdoelwitte ­toegeken is, te benut,” het Shiimi aan dié huis van die parlement gesê.

[email protected]

Soortgelyk

 

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

1 uur gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

2 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...

Byna 20 000 nuwe gevalle die afgelope maand

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 19 846 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope maand in die land aangeteken. Hiervan was...

Inentingskoers bly laag

2 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê huiwering om teen Covid-19 ingeënt te word, duur voort. Volgens die staatshoof het Zambezi die laagste koers en wel 6%, terwyl...

‘Reëngolwe wink’

12 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Baie swaar reën, met etlike reëngolwe wat in die tweede helfte van vandeesweek en tot volgende week uitgebreid na Namibië op pad...

Lisensie of nie, staatsvoertuie ry

12 ure gelede | Polisie

Adam Hartman op Swakopmund – Verkeersbeamptes in alle streke voer steeds ’n vroeër opdrag vanuit hul hoogste gesag uit om nie verkeerskaartjies aan regeringsvoertuie met...

FNB deel van geding om Fishrot-geld

12 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – First National Bank Namibia het bykomende dokumente by die hoërhof in Windhoek ingedien en hom daardeur by die grootste korrupsiesaak in die...

Weer vir 13 Januarie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

Lande omseil Interpol as Namibië uitlewerings soek

12 ure gelede | Polisie

Kenya Kambowe op Rundu – Terwyl die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie (Interpol) as behulpsaam beskou, vertel ’n plaaslike polisieondersoekbeampte ’n...