Viskwotapot kook oor

Sacky sê askies oor stelling

14 June 2018 | Plaaslik
Denver Kisting – Die debat rondom visvangkwotas het opnuut vandeesweek die kwik in die parlement laat styg.

Mnr. Sacky Shanghala, die minister van justisie, moes gister ’n stelling terugtrek wat eergister daarop gesinspeel het die Swanu-LP Usutuaije Maamberua is onder die invloed.

Shanghala het die uitlating Dinsdagmiddag in die Nasionale Vergadering (NV) gemaak toe hy verneem het of Maamberua ’n asemhalingstoestel het.

’n Storm woed die afgelope twee weke nadat mnr. Bernhard Esau, die minister van visserye en mariene hulpbronne, wysigings aangekondig het wat die aansoeke om visvangregte betref.

Mnr. Nico Smit, ’n LP van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het die mosie ter tafel gelê.

Volgens Smit sal weerlose lede van die samelewing, soos voorheen benadeeldes, vroue, gestremde mense en ongeletterde mense, nie deur die nuwe vereistes bemagtig word nie.

Die grootste doring in die visvangvlees blyk ’n bepaling te wees wat aansoekers verplig om teen 31 Julie ’n private maatskappy geregistreer te hê.

Dít kom nadat dit voorheen moontlik was om as trust, beslote korporasie of artikel 21-maatskappy (’n onderneming sonder winsbejag) visvangregte te bekom.

Viskwotas word op visvangregte geskoei.

Esau het ’n stelling van verlede week herhaal wat lui hierdie sakevorme is steeds geoorloof mits hulle aandeelhouers van ’n private maatskappy is.

Tydens sy bydrae tot die gesprek Dinsdag het die prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, die opposie-LP’s daarvan beskuldig dat hulle gesag minder gewig dra omdat hulle in die minderheid is.

Maamberua het hierteen te velde getrek waarna Shanghala hom gewend het tot sy vraag oor die asemhalingstoestel, waarmee alkoholvlakke in die liggaam gepeil word.

Maandag is daar begin met landwye inligtingsessies om die publiek touwys te maak met die aansoekproses – ’n vergunning wat volgens Esau op beraadslaging neerkom.

Die gesprek in die NV sou gistermiddag voortgesit gewees het.

Soortgelyk

 

Intelligensiediens kan koerant nie muilband

7 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Die Sentrale Intelligensiediens van Namibië (NCIS) en die regering kan nie agter wetgewing skuil en hulle op die reg op geheimhouding beroep...

Vermeende kokaïenhandelaars in hof

7 ure gelede | Howe

Otis Finck op Walvisbaai - Die twee mans wat in verband met vermoedelik ’n reusekokaïenvonds op Walvisbaai aangekeer is, het gister in die landdroshof op...

Minister sê binnekort oor fosfaatmynbou

7 ure gelede | Omgewing

Augetto Graig - Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, sal Donderdag die aankondiging oor die toekoms van ondersese fosfaatmynbou in Namibiese...

Weer vir 19 Junie 2018

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Suide, met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot...

Regstelling

7 ure gelede |

In die artikel "Chinese oorheers sentrums vir vars produkte" wat op 4 Junie 2018 in Republikein verskyn het, is verkeerdelik berig dat die Namibiese maatskappy,...

Skole: Tydelike reëling vir winter

7 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Van eerskomende Maandag af moet skole nie vroeër as 07:30 en nie later as 08:30 in die winter begin nie. By dubbelskofskole...

Glaspaneel eis glo lewe

7 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Man is Saterdag in die hoofstad dood nadat 'n glaspaneel glo op hom geval het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag...

Queen se kuiertjie gee Omaruru 'n stootjie

7 ure gelede | Gebeure

Des ErasmusAan jou vrinne sal jy geken word. Eensklaps verkeer Omaruru in goeie geselskap danksy The Music of Queen soos vertolk deur Joseph Clark. Op...

Breek die kettings van geestesongesteldhede

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDaar kleef steeds 'n stigma aan geestessiektes. Dit word dikwels nie behoorlik gediagnoseer nie en selfs in relatief ontwikkelde lande kry mense met geestessiektes...