Virus steek stokkie voor toerisme
Virus steek stokkie voor toerisme

Virus steek stokkie voor toerisme

Sowat 500 Namibiërs woon en werk volgens die Chinese ambassadeur in China.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Alle toergroepe uit China na Namibië is gestaak, terwyl Chinese toeriste wat voor dié verbod reeds in die land was, noukeurig dopgehou word vir enige simptome van die nuwe coronavirus, oftewel die 2019-nCoV-stam.

Chinese wat in Namibië werksaam is en tans op besoek aan hul geboorteland is, word aangeraai om hul terugkeer na Namibië uit te stel.

Dié Chinese burgers wat egter wel intussen na Namibië teruggekeer het, moet vir ten minste 14 dae tuisbly en hulself isoleer. Die inkubasietydperk van die virus is 14 dae.

Chinese in Namibië

Volgens China se ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, is daar 4 000 Chinese wat tans in Namibië werksaam is.

Sowat 2 000 werk vir staatsbeheerde ondernemings, terwyl die res private besighede in die land het.

Die Chinese ambassade het ook vroeër ’n vergadering met Chinese reisagentskappe in Namibië gehad om hulle te maan om streng by die verbod op alle toergroepe te hou.

Volgens Zhang is daar tans 25 Chinese reisgroepe – sowat 300 toeriste – in die land wat reeds in Namibië was voor die verbod ingestel is.

Die laaste van die groepe verlaat die land môre.

“Die reisagentskappe het opdrag gekry om elke toeris vir enige simptome te monitor en aan die ambassade te rapporteer.”

Met verwysing na Chinese burgers wat in Namibië werk, het Zhang gesê van die burgers is steeds in China vir die jaarlikse Lentefees wat op 8 Februarie eindig.

Dié burgers is aangeraai om eers in China te bly.

“Baie min Chinese het al van hul vakansie teruggekeer. Ons is besig om dié burgers te kontak en aan te raai om tuis te bly en hulself vir 14 dae (die inkubasietydperk) te isoleer. Ons monitor elkeen om te verseker niemand bring Namibië enigiets binne nie.”

Volgens Zhang is die ambassade in noue kontak met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS).

“Ons wil nie enige verdagte gevalle in Namibië sien nie, dit sal ’n groot bedreiging en uitdaging wees.”

Namibiërs in China

Die getal Namibiërs wat in China werk en studeer is volgens die ambassadeur 500.

Hiervan is 35 studente, wat tans onder kwarantyn in die episentrum van die uitbreking Wuhan is. Volgens Zhang raai kundiges van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) die ontruiming van buitelanders uit China af.

Hy het veral studente in Wuhan aangemoedig om in hul woonstel of koshuis te bly. Namibiese studente wat tans in Namibië met vakansie is, word aangeraai om nie voor ten minste 17 Februarie vir hul studies na China terug te keer nie. Alle universiteite en skole is tans gesluit.

“China probeer sy bes om die veiligheid van álle inwoners en nie net Chinese nie te verseker.”

Entstof

Zhang het ook verwys na Chinese in Namibië wat reeds maskers dra en het gesê dit beteken nie hulle het die virus reeds onder lede nie.

“Dit beteken net hulle besef die erns van die siekte.”

Volgens Zhang is wetenskaplikes tans besig met die ontwikkeling van ’n entstof teen die virus, wat van mens tot mens oorgedra kan word.

Die kwesbaarste mense is dié met verswakte immuniteit en bejaardes.

Die inkubasietydperk vir die 2019-nCoV-stam is 14 dae, waar dit volgens Zhang vir virusse gewoonlik drie tot vier dae is.

Hy het die versekering gegee China hou inwoners sowel as die internasionale gemeenskap deurentyd op hoogte van die jongste inligting en doen alles in hul vermoë om die verspreiding van die virus te beheer.

Wuhan, die episentrum van die uitbreking, is reeds op 23 Januarie onder kwarantyn geplaas terwyl die waarskuwingsvlakke oraloor die land ook tot die hoogste vlak (graad 1) verhoog is.

Dit beteken onder meer alle vervoer na en van Wuhan is opgeskort, en die opening van skole en universiteite is tot middel-Februarie uitgestel.

Gewilde bymekaarkomplekke soos parke en bioskope en ook Disney World is gesluit.

Sowat 52 mediese spanne van ander provinsies en streke in China is ook na Wuhan gestuur om die siekste pasiënte te help.

Die konstruksie van die Huoshenshan-hospitaal, wat die Chinese regering spesiaal vir die behandeling van corona-pasiënte bou, behoort binne die volgende vier dae voltooi te wees.

Volgens Zhang is ’n verbod op toere van China na die buiteland op 27 Januarie ingestel.

Skandeerders

Alle lughawens in die land het spesiale skandeerders om passasiers se temperatuur te meet.

Simptome van die virus sluit hoë koors en moeilike asemhaling in.

“China besef as ’n groot wêreldmag is ons verantwoordelik daarvoor om die verspreiding van die virus uit China te stop en die beweging van mense te verminder so ver ons kan.”

Zhang het erken dit hou ernstige uitdagings vir China sowel as die internasionale gemeenskap in omdat die virus nie tot grense beperk is nie.

“Ons het die internasionale gemeenskap nodig – ’n enkele land kan nie geblameer word nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.04/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0007 | Zinc US$ 2 449.90/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 901.49/OZ UP +0.74% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.04/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0007 | Zinc US$ 2 449.90/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 901.49/OZ UP +0.74%