Virtuele pelgrimstogte betower
Virtuele pelgrimstogte betower

Virtuele pelgrimstogte betower

Ervaar spirituele reise vanuit jou huis
Yandi Du Plessis
VR360 Treasures het onlangs sy eerste selfoontoepassing, VR Pilgrim, bekendgestel wat reise en opvoedkundige ervarings na die volgende vlak neem.

Met sosiale afstand wat tans 'n wêreldwye norm is om die verspreiding van die coronavirus hok te slaan, het VR360 Treasures die bekendstelling van sy toep VR Pilgrim aangekondig.

Die toepassing stel enigeen in staat stel om uit die gemak van jou eie huis reise te onderneem na misterieuse en ontoeganklike bestemmings wat ryk aan Ortodokse Christelike geskiedenis is.

Die toep laat mense toe om die manjifieke uitsig van die Meteora-kloosters te aanskou, saam met die monnike langs die heilige berg Athos te stap en die maagd Maria op die Harissa-berg in Libanon te helig. Die asemrowende landskappe en unieke argitektuur wat oor die eeue heen baie aan pelgrims vreugde verskaf het, is nou binne enige iemand se bereik.



xxxxxxxxxxxxx

“Die vinnige pas waarteen die lewe beweeg en ander omstandighede laat ons dikwels nie toe om pelgrimstogte na heilige plekke te onderneem nie. VR Pilgrim los dié probleem op,” sê mnr. Giorgios Tsatsanidis, die ontwikkelingsdirekteur van VR Treasures.

“Enige iemand met 'n slimfoon het die geleentheid om die grootste erfenisgebiede en toeristebestemmings in die wêreld te aanskou. Dit was die hoofgedagte agter die ontwerp van die toep. Terwyl wetenskaplikes regoor die wêreld hard werk aan 'n geneesmiddel vir die virus, terwyl mense deur 'n nuwe werklikheid in die gesig gestaar word met reisbeperkings en gedwonge afstand tussen hulle, wil ons graag 'n bron van vrede en troos verskaf.”

Starets Kirill, wat direk by die verfilmingsproses betrokke was, sê: “Twee jaar gelede, toe ons VR Treasures geloof het vir die ontwerp van 'n virtuele biblioteek oor die skatte van Athos, sou niemand kon raai hoe relevant dit in die toekoms sou word nie. In die huidige situasie is VR Pilgrim vir baie mense die enigste geleentheid om dié heilige plekke met jou eie oë te sien.”



cccccccccccccccc

Al die inhoud is in 360 grade videoformaat geskiet en laat kykers toe om die Christelike erfenis ten volle te verken. Die projek se argief wat deurlopend aangevul word, bevat tans meer as 200 “toere” deur Griekeland, Italië en Libanon.

Verder is daar meer as 30 video's waar monnike resepte deel wat eeue lank geheim gehou is. Onderhoude en “voice-over”-teks in Engels, Grieks, Russies en binnekort in Chinees bied toegang tot interessante feite wat nêrens anders gepubliseer is nie. VR Treasures is 'n tegnologiese maatskappy wat eksklusiewe, indrukwekkende virtuele inhoud en toepassings vir 'n diverse gehoor skep. Die maatskappy gebruik virtuele, uitgebreide, gemengde media en panoramiese video om hul projekte lewe te gee.

Om die uniekheid van die argitektuur van historiese gebiede te behou, bestee VR360 Treasures 'n aansienlike bedrag aan instandhouding, restourasiewerk en ontwikkeling van geskiedkundige, godsdienstige en kulturele monumente.

VR Pilgrim kan op Google Play of App Store afgelaai word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!