Vir Mendelejef het chemie in sy slaap gekom
Vir Mendelejef het chemie in sy slaap gekom

Vir Mendelejef het chemie in sy slaap gekom

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Chemie was my akademiese achilleshiel op skool. Ek kon not te nimmer die elemente op die periodieke tabel memoriseer nie.

Die grappie oor Little Johnny kon ek darem snap en verkreukel my vandag steeds daarin. Dié knaap, wat ’n koppie swaelsuur vir water aangesien het, se grafskrif het gelui: “Little Johnny is here no more/What he thought was H2O/Was H2SO4”.

Wat my wel van die periodieke tabel en die elemente gefassineer het en steeds doen, is dat daar nie groot verskil tussen my, ’n boom, ’n berg of die see is nie.

Van die knap by die 100 elemente is sowat 39 in lewende materie aanwesig – met omtrent agttien wat in feitlik alle lewende organismes voorkom. Koolstof, waterstof, suurstof en stikstof maak ongeveer 95% van lewende organismes uit.

Alle waarneembare dinge in ons werklikheid, dít hier op die aarde tot die uitspansel daar bo, is op ’n oneindige hoeveelheid maniere uit hierdie sowat 100 boustene saamgestel.

Wanneer hierdie boustene by mekaar aanhaak, vorm hulle totaal nuwe stowwe wat glad nie die eienskappe van die oorspronklikes het nie.

Só verbind chloor (’n dodelike gas) met natrium (’n baie giftige metaal) en vorm doodgewone tafelsout.

Waterstof (H) is die algemeenste element en maak 90% van die sigbare heelal uit. Dit is die brandstof van sterre en kombineer byvoorbeeld met suurstof (O) om water (H2O) te vorm.

Koolstof (C) is uniek deurdat dit tot 10 miljoen verskillende samestellings kan vorm. In kristalvorm is dit natuurlik diamante.

Die Verenigde Nasies het besluit om 2019 as die Internasionale Jaar van die Periodieke Tabel te verklaar omdat hierdie hoeksteen van die chemie vanjaar 150 jaar oud is.

Dmitri Ivanovitsj Mendelejef, wat as een van 17 kinders in Siberië grootgeword het, word allerweë as die vader van die moderne periodieke tabel beskou. Hy het sy weergawe van hierdie tabel in Maart 1869 in ’n Russiese vaktydskrif gepubliseer en dit het die eerste een geword wat algemeen deur wetenskaplikes aanvaar is.

En as jy ook dink chemie is Grieks: Mendelejef het vertel dié patroonmatige identifisering en klassifisering van die elemente het in ’n droom na hom gekom.

Terloops, die Mendelejef-krater op die maan is na hom vernoem. (Dalk was dit die man op die maan wat die openbaringe in sy droom vir hom gefluister het.)

Wat hy gedoen het, was om die bekende chemiese elemente patroonmatig te tabelleer volgens hul toenemende atoomgetal (dus die getal protone), elektronkonfigurasie en chemiese eienskappe.

Die standaardvorm van die tabel bestaan uit ’n rooster van 18 x 7 blokkies, plus ’n kleiner deel van twee rye onderaan.

Ek lees in die literatuur hy het ook van die eienskappe van elemente wat toe nog onbekend was, voorspel na aanleiding van die leë ruimtes in die tabel. Die meeste van sy voorspellings was in die kol en hierdie elemente is inderdaad later ontdek.

Sy periodieke tabel is die afgelope 150 jaar uitgebrei en verfyn soos nuwe elemente ontdek is, of ander sinteties vervaardig is. Dit is ook aangepas na mate nuwe teoretiese modelle ontwikkel is om chemiese gedrag te verduidelik.

Volgens prof. Christo Viljoen, ’n afgetrede ingenieur en akademikus van Stellenbosch, lê die belangrikheid van sy tabel daarin dat dit die Middeleeuse magiese mistiek van die alchemie omskep het in die moderne wetenskap van die chemie soos dit vandag verstaan en toegepas word.

Ná hierdie mondvol is H2O straks te flou vir my. Gelukkig hoef ek nie “versterkte” water se formule te ken om dit te geniet nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048