Vir die dagboek

15 October 2021 | Byvoegsels
ELKE WEEK:

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7 mense.

NOU AAN DIE GANG:

*Die Normal not Normal-uitstalling van die kunstenaar Jo Rogge kan tot 25 Oktober by die Project Room-galery besigtig word. Die galery is Dinsdae tot Saterdae tussen 10:00 en 13:00 oop.

VANDAG:

*Die Windhoek-Schlengemann-kommando van die Namibiese Voortrekkers bied vanaand ‘n plaaslike vertoning van die aanlyn konsert, Hou Koers, van Adam Tas, Jak de Priester en Pieter Smith aan. Dié vertoning word by die Andries du Plessis-saal in Drakensbergstraat aangebied. Kaartjies beloop N$30 per persoon en kinders onder 9 kan die geleentheid gratis bywoon. Die kaartjies is by Windhoek Afrikaanse Privaatskool en Treintjieskool beskikbaar, of kan by die ingang gekoop word. Verversings sal te koop wees. Die aanlyn vertoning begin om 19:00.

MôRE:

*Die bekroonde visuele kunstenaar Alfeus Mvula bied ’n klipbeeldhouwerk-slypskool by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan. Die sessie begin om 08:30 en is oop vir volwassenes en kinders tussen die ouderdomme van 8 en 13. Deelnemers moet verkieslik gemaklike ou klere aantrek. Deelname beloop N$500 vir volwassenes en N$250 vir kinders. Kontak Alpheus by 081 248 2543 of [email protected], of die FNCC by [email protected] om jou plek te bespreek.

*Geniet die gees van Oktobermaand by die SKW Brauhaus se Oktoberfest met ’n tradisionele spyskaart en musiek. Die pret begin om 11:00 en toegang is gratis, maar besprekings by 081 622 2627 is noodsaaklik.

* Altstadt Swakopmund bied ook om 11:00 ’n Oktoberfees aan. Vir meer inligting, kontak 064 461 871 of [email protected]

19 OKTOBER:

*The Handle Bar in Windhoek bied van vandag tot 24 Oktober “Bike Week” aan. Hierdie sesdaggeleentheid beloof ’n hoëratfees met regstreekse musiek, motorfietsbyeenkomste en -vertonings, ritte, en vele meer. Vir meer inligting, besoek www.thehandlebar.com.na.

20 OKTOBER:

*Windhoek Hoërskool (WHS) bied ’n verhoogproduksie van die musiekblyspel Beauty and the Beast aan. Vertonings begin om 18:30 en duur tot Saterdagaand. Kaartjies is teen N$100 op webtickets.com.na beskikbaar.

23 OKTOBER:

*Die Kankervereniging se Erongo-sentrum bied ’n “fancy dress” pretstap (5 km) en fietsrydag (15 km) aan. Die resies begin by die Atlantis-sportklub op Walvisbaai. Die inskrywingsfooi is N$80 vir volwassenes en N$40 vir kinders. Vir meer inligting, kontak Britt by 081 252 1001 of Nikki by 081 299 9433.

*Indongo Toyota en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Walvisbaai bied tussen 09:00 en 13:00 ’n pretdag by die Atlantis-sportklub aan. Watersport, minisokker, boeresport en 'n fotohoekie is onder meer op die spyskaart.

26 OKTOBER:

*Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging en die Namibia Environment and Wildlife Society bied om 19:00 'n openbare inligtingsessie deur Ruben Portas aan. Dit handel oor die InterMuc Leopard-projek – wat deur die Berlynse Leibniz Institute for Zoo and Wildlife Research en die Universiteit van Ljubljana in Slovenië gedryf word. Die toespraak fokus op die luiperds wat in die Khomasberge rondom Windhoek ronddwaal en die belangrike projekvennote van die Auas Oanob-bewaringsgebied. Sluit aanlyn aan by https://zoom.us/j/8023841980.

28 OKTOBER:

*Die Local Tourism is Lekker-ekspo vind tot die 30ste by die Atlantic Villa Boutique Guesthouse opin Swakopmund plaas. Bespreek jou plek by [email protected]

*Sluit aan by Definition: ART se verf- en wyn-aand by The Village in Windhoek. Die geleentheid begin om 18:00 en die tema is “Couples Halloween”.

29 OKTOBER:

*Geniet ’n koek- en jenewerproesessie by A la Wêreld Bake House op Swakopmund. Spasie is beperk, en besprekings is noodsaaklik. Toegang is N$250 en die geleentheid begin om 18:00. Vir enige navrae, kontak 081 340 2375.

30 OKTOBER:

*Stap vir Bybels by die Wanderers-sportgronde in Pionierspark. Vir meer inligting, besoek https://www.facebook.com/biblesocietynamibia.

*Besoek tussen 08:00 en 13:00 die Boeremark by die Windhoek-skougronde, waar verskeie tuisgemaakte en vars produkte en heerlike happies te koop sal wees. Toegang beloop N$5 en is gratis vir kinders en pensioenarisse.

*Dit is heeldag (tot 20:00) Markdag by Tiger Reef op Swakopmund. Toegang kos N$10 en is gratis vir kinders onder 10.

*Die Windhoek Spring Fiesta vind by Umti Lodge noord van Windhoek plaas. Kaartjies is teen N$250 via Webtickets.com.na beskikbaar.

*Vuurdans, paaldans, bingo en regstreekse musiek by Fachwerk opin Swakopmund ten bate van Feed a Paw, Have a Heart en die DBV op Swakopmund. Meer inligting is by fachwerk-gastronomy.com beskikbaar. Die geleentheid begin om 12:00.

*Vier Oktoberfest by Midgard met regstreekse musiek, Duitse kos, bier en hope pret. Besoek https://bit.ly/3EFi62M om plek te bespreek.

*Laramon Tours bied ’n Oktoberfees-bootvaart aan. Die rit begin om 13:00 by die Walvisbaaise waterfront en tradisionele Duitse versnaperings en Oktoberfest-musiek is op die spyskaart. Kaartjies is teen N$850 via [email protected] of 081 128 0635 beskikbaar.

31 OKTOBER:

*Die Drakensberg Seunskoor se Namibiese toer skop met ‘n opvoering by Droombos in Windhoek af. Op 1 November tree hulle op by Kalahari Anib Lodge, die 2de by die Namib Desert Lodge, die 3de by The Dome op Swakopmund, die 5de by die Etosha Safari-kamp en die 6de by die NG Kerk in Eros, Windhoek. Kaartjies kos N$200 (afgesien van die Droombos-opvoering, wat N$300 is) en is via webtickets.com.na beskikbaar.

Soortgelyk

 

Plaaslike aktrise wen ‘Afrika-Oscar’

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die plaaslike aktrise Hazel Hinda het op 28 November die toekenning vir die beste aktrise in ’n ondersteunende rol by die African Movie Academy Awards...

Skole sluit vroeër ná vraestelle lek

5 ure gelede | Onderwys

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê skole gaan vroeër sluit as wat aanvanklik aangekondig is, om streke in staat te stel om voor...

Derde dosis Sinopharm goedgekeur

5 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het by monde van sy uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, bevestig dat Namibiërs wat reeds twee dosisse van...

Geen sterftes, 11 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes bly op 3 573, terwyl 11 nuwe gevalle gister aangeteken is. Dit is 'n positiewe koers van 0,6% en sluit een leerlinge en...

Diplomaat van Namibië toets positief vir Omicron in Japan

6 ure gelede | Gesondheid

Japan se hoofkabinetsekretaris Hirokazu Matsuno het bevestig 'n diplomaat van Namibië in sy dertigs het positief vir die Omicron-variant getoets. Die man het Japan via...

Nog stemme van verset teen inhokking

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtTerwyl gevalle van die Omicron-variant van Covid-19 in talle oorsese lande bevestig word en midde 'n groot waarskynlikheid dat die variant reeds op eie...

Plaaseienaar aangekla ná raakskoot

18 ure gelede | Misdaad

Elvira HattinghDie vlaag van veediefstal in die Grootfontein-omgewing is die afgelope naweek opnuut tot 'n spits gedryf toe 'n plaaseienaar 'n vermeende veedief met 'n...

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

18 ure gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

Veldbrand nog nie in bedwang

18 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseDie veldbrand wat sowat 'n week gelede naby Okahandja begin het, woed steeds voort. Volgens mnr. Corne Kruger het die vlamme aan die einde...