Vir die dagboek

Yandi Du Plessis
ELKE WEEK:

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645.

*Die Orca Coffee Bar bied een keer per maand ’n markie aan. Stalletjies kan teen N$50 gehuur word. Vir meer inligting, kontak Hennie Grobler by 081 229 0700. Toekomstige datums is 4 September, 2 Oktober, 5 November en 4 Desember.

*Ondersteun plaaslike entrepreneurs by die Maerua Mall opwipmarkie oorkant Food Lover’s Market. Die markie is elke Saterdag tot 15:00 oop.

NOU AAN DIE GANG:

*Kunswerke wat ingeskryf is vir die Bank Windhoek-triënnale kan tot 18 September by die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) besigtig word.

*Die kunstenaar Hage Nasheotwala se werk word tans by Droombos uitgestal. Die uitstalling kan tot einde vandeesmaand tussen 09:00 en 19:00 besigtig word. Vir meer inligting, kontak [email protected] of 061 224 144.

*Die Christmas in July-uitstalling en kunsmark word tot 31 Augustus by die Namibia Craft Centre se Omba-galery aangebied. ’n Groot verskeidenheid plaaslike, handgemaakte Kersversierings en geskenke sal te koop wees. Doen nóú jou Kersinkopies en vermy die waansin in Desember, terwyl jy terselfdertyd plaaslike kunsvlyt-ondernemers ondersteun.

VANDAG (20 AUGUSTUS):

*Die Namibian Desert Challenge, aangebied deur die Windhoek Endurance Club onder die vaandel van die Namibian Equestrian Federation, word tot môre deur LukZet-stalle op Hentiesbaai aangebied. Afstande is van 20 km tot 120 km. Kontak Franzi by 081 127 0900 of Penny by 081 585 1453.

*DEFINITION: Art bied van 17:30 tot 20:00 hul eerste Film Night Discussions-geleentheid aan, waar deelnemers saam na 'n rolprent kyk en daarna die verskillende tonele en tegnieke bespreek. Dit is die ideale geleentheid vir aspirant-regisseurs. Springmielies is ingesluit en drankies is te koop by omliggende restaurante. Kontak DEFINITION: Art by 081 833 5009 of stuur ’n boodskap op hul sosialemediaplatforms om jou ervaring te bespreek. Kaartjies is vooraf teen N$40 beskikbaar en kos N$50 by die deur. Daar is slegs plek vir 50 mense en alle Covid-maatreëls sal geld.

DONDERDAG 26 AUGUSTUS:

*DEFINITION: Art bied ’n filosofie- en poësie-aand aan. Namibiese digters word gekies om op te tree, terwyl sommige van die intellektueles, wyses en leke die filosofiese onderwerp “Is ons minder gelukkig in dié era van tegnologie” bespreek. Die geleentheid vind van 17:30 tot 20:00 by The Village Opera House plaas. Kaartjies is vooraf teen N$40 beskikbaar en teen N$50 by die deur. Kontak 081 833 5009 om ’n plek te bespreek. Daar is slegs plek vir 50 mense, en onthou jou masker!

VRYDAG 27 AUGUSTUS:

*’n Mini Hentiesbaai Visfees met fietsry, hengel en musiekoptredes word tot 28 Augustus aangebied.

SATERDAG 28 AUGUSTUS:

*’n “Kattebak-uitverkoping” vind van 08:00 tot 11:00 by Joe’s Beerhouse plaas. Slegs klere maak deel van dié uitverkoping uit. Registreer by [email protected]. Klere kan ook aan die Lions Club geskenk word.

*Die Hunters Henties MTB-fietsrytoernooi (30 of 60 km), begin om 08:00 by Spar. Toegang is N$50 via Cycles 4 U of by die beginpunt die oggend van die wedloop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!