Vir die dagboek

Yandi Du Plessis
ELKE WEEK:

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7 mense.

*Die Orca Coffee Bar bied een keer per maand ’n markie aan. Stalletjies kan teen N$50 gehuur word. Vir meer inligting, kontak Hennie Grobler by 081 229 0700. Toekomstige datums is 4 September, 2 Oktober, 5 November en 4 Desember.

*Ondersteun plaaslike entrepreneurs by die Maerua Mall “pop-up”-markie oorkant Food Lover’s Market. Die markie is elke Saterdag tot 15:00 oop.

NOU AAN DIE GANG:

*Kunswerke wat ingeskryf is vir die Bank Windhoek-triënnale kan tot 18 September by die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) besigtig word.

*Die kunstenaar Hage Nasheotwala se werk word tans by Droombos uitgestal. Die uitstalling kan tot einde vandeesmaand tussen 09:00 en 19:00 besigtig word. Vir meer inligting, kontak [email protected] of 061 224 144.

VANDAG:

*Die Goanikontes Adventure Fun Bike Run (80 km skemerkelkie) begin om 18:00 by die Goanikontes-Oasis, gevolg deur 'n vreugdevuur by die kroeg. Die pret duur Saterdag voort, met ’n groet-en-ontmoet om 09:30 voor die 300 km-sessie, gevolg deur middagete en ’n musiekoptrede deur CeeJay Jacobs die aand. Kaartjies kos N$400. Vir meer inligting, kontak 064 405 979, 081 295 3807 of [email protected].

MôRE:

*'n Stapsessie onder leiding van ’n toergids word van 08:30 tot 10:45 in die botaniese tuin (Orbanstraat) in Windhoek aangebied. Toegang is gratis vir lede en kinders onder die ouderdom van 6, en N$20 vir besoekers. Kontak 081 248 7362 of 081 222 8686 vir meer inligting.

*'n Aanlyn gesprek met Siphiwe Gloria Ndlovu vind van 15:00 tot 16:00 by die Goethe Institut plaas. Ndlovu, ’n Zimbabwiër, se nuutste roman The History of Man vertel die verhaal van Emil, 'n staatsamptenaar in 'n naamlose Suider-Afrikaanse land, wie se lewe na die aankondiging van ’n skietstilstand baie verskil van dié van sy ouers. Die boek ondersoek die koloniale narratief vanuit die koloniseerder se perspektief en nooi lesers om krities te dink oor “hoe persoonlike, maatskaplike en politieke geskiedenis ons begrip, ervaring en gevoel van self, gemeenskap, land en die wêreld vorm”. Registreer by https://q.my.na/4S2Q.

DONDERDAG 19 AUGUSTUS:

*Die tema van vandeesmaand se Future Females Windhoek-sessie is “Rethinking Failure & Overcoming Fear”. Om vrees in die sakewêreld te oorkom, is een van die mees onderskatte, dog belangrike vaardighede wat enige entrepreneur in sy sakereis kan bemeester. Dit vind om 18:00 by die Vintage Coffee Shop plaas. Kaartjies kos N$85 by webtickets.com.na. Kontak 081 124 5310 of [email protected] vir meer inligting.

VRYDAG 20 AUGUSTUS:

*Die Namibian Desert Challenge, aangebied deur die Windhoek Endurance Club onder die vaandel van die Namibian Equestrian Federation, word tot die 21ste deur LukZet-stalle op Hentiesbaai aangebied. Afstande is van 20 km tot 120 km. Kontak Franzi by 081 127 0900 of Penny by 081 585 1453. Meer inligting sal mettertyd gekommunikeer word.

SATERDAG 28 AUGUSTUS:

*’n “Kattebak-uitverkoping” vind van 08:00 tot 11:00 by Joe’s Beerhouse plaas. Slegs klere is deel van dié uitverkoping. Registreer by [email protected]. Klere kan ook aan die Lions Club geskenk word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!