‘Vir-altyd-huis’ vir ‘n rugaf hond

'n Erg mishandelde hond sal eersdaags net liefde en sorg in 'n permanente tuiste hê.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Danksy die samewerking van verskeie diereliefhebbers sal ‘n sewe maande oue rugaf hond van Oshikuku nou ‘n tweede kans op die lewe kry.

Shimbungu (“hiëna”) kom vandeesweek by sy aanneemouer, me. Lex Austen van die All Hearts Foundation SA in Hartebeespoort, Suid-Afrika, aan – veilig in die hande van iemand met ervaring in die rehabilitasie van en omsien na beseerde en mishandelde diere.

Shimbungu se verhaal, wat vele Namibiërs se harte aangegryp het, begin toe ‘n Oshikuku-inwoner, mnr. Ndoko Tora Nathan, ‘n video op 5 Januarie aan Oshana se Dierebeskermingsvereniging (DBV) stuur en vra dat hulle die hond moet help. In die video kan gesien word hoe Shimbungu sy agterlyf sleep terwyl hy homself op sy voorpote vorentoe trek. Hulle het toe die gemeenskap se hulp gevra om die hond op te spoor.

Die DBV vermoed ‘n motor het die hond naby die Oshikuku-poskantoor in die laaste week van Desember raakgery.

Verskeie vrywilligers het ingespring om die DBV te help, met die eerste span wat mnr. Nathan en me. Amore Flutow, asook mnr. De Wet en me. Juanita Kruger ingesluit het. Hulle kon hom nie kry nie, waarna me. Wilmarie Horn en mnr. Gert Bronkhorst ook vrugteloos na die hond gesoek het.

Hulle kon wel sien dat die hond in die gebied moes wees, want orals het van sy sleepmerke gelê.

Die DBV het ook ‘n beloning van N$1 000 aangebied vir enige een wat die hond kry en veilig bewaar todat die DBV haar kon kom haal en na Ondangwa se staatsveeartsenykliniek neem.

SHIMBUNGU IS GEVIND

Mnr. Jannie Otto en sy familielede Nicola, Alexander, Yoshua en Louisa het op 7 Januarie in drie voertuie en met ‘n motorfiets na die hond gaan soek. Om 17:00 het hulle hom onder ‘n karwrak naby sy eienaar se huis op die pad na Outapi gevind. Ook net betyds: Mense was besig om hom met stokke onder die wrak uit te jaag om hom dood te maak.

Die hond was bang en wou almal byt wat naby kom.

Hy moes sy agterlyf vir meer as 5 km gesleep het en het amper in die waterkanaal verdrink om terug by sy huis te kon kom.

Horn het kom help en die hond inspuitings teen pyn gegee, asook ook die eienaar oortuig om die hond aan die DBV af te staan. Dit is vasgestel dat hy slegs sewe maande oud is en sy rug gebreek. Daar is besluit dat hy aan die veeaarts dr. Lindsay Scott op Grootfontein besorg moes word – die naaste plek waar X-strale van sy rug geneem kon word.

“Die prognose is nie goed nie; sy rug is gebreek. X-strale sal môre geneem word om vas te stel hoe ernstig die fraktuur is.

“Hy [Shimbungu] het die gees en wil om te lewe. Afhangende wat die resultate van die X-strale is, asook die raad van dr. Scott, sal Oshana SBV se bestuur ‘n besluit moet maak of ons hom moet laat leef, met ‘n ernstige gebrek vir die res van sy lewe, of hom vreedsaam te laat gaan . . .

“Dit is nie maklik vir enige van ons nie,” het die Oshana DBV op die dag op Facebook geskryf.

Ná dr. Scott se ondersoek het die Oshana DBV die blye nuus gedeel dat daar ‘n tuiste vir Shimbungu gesoek kan word.

“X-strale het bevestig sy rug is gebreek. Dit kan nie herstel word nie en sy rug kan nie gerehabiliteer word nie.

“Hy voel geen pyn nie en beweeg gemaklik. Hy soek liefde en aandag 24/7 en kom goed met ander honde oor die weg,” het hulle laat weet. “Shimbungu kry dus ‘n tweede kans om ‘n ‘vir-altyd huis’ te vind.”

Dr. Scott wou nie enige betaling vir haar hulp aanvaar nie en gesê die geld kan eerder aan Grootfontein se DBV geskenk word.

‘N ‘VIR-ALTYD HUIS’

Ondanks dié goeie nuus, is die realiteit dat Shimbungu vir die res van sy lewe spesiale behoeftes sal hê en dus nie net by enige huis ingeneem kan word nie.

Hy kan nog 12 tot 16 jaar lank leef en het nie beheer oor sy blaas of ontlasting nie. Gevolglik moet hy doeke dra wat gereeld geruil moet word. Om seker te maak hy kry nie ‘n infeksie nie, moet sy blaas twee keer ‘n dag met menslike hulp geledig word.

Boonop moet hy ook ‘n “rolstoel” kry.

Die DBV het gesê hy sal waarskynlik nie in ‘n huis kan woon wat trappe het nie, en sal minstens een maal ‘n jaar na ‘n veearts geneem moet word. Hy benodig konstante en individuele aandag en sal nie goed in ‘n groep honde aard nie. Hy hou nie daarvan om alleen te wees nie en moet konstant toesig hê.

Mnr. Rainer Hillig van die plaas Liebenwerda by Outjo wou die hond aanneem, maar het besef dat hy nie vir hom die ideale tuiste kan bied nie.

Dis toe dat me. Lex Hartebeestpoort aanbied om hom aan te neem.

Dr. Scott het die hond Vrydag gesteriliseer en die nodige inentings gegee, terwyl mnr. Anthony Tietz van Grootfontein en me. Natasha Fourie die materiaal geborg het om vir Shimbungu ‘n rolstoel te bou.

Me. Anita Devenish van Vuuren het die hond gister Windhoek toe gebring, waar hy by Pride Vet-kliniek gebly het tot sy vlug na Suid-Afrika.

Me. Sandra Lippert het ‘n vervoerkrat geskenk en met die behulp van ander diereliefhebbers se reëlings het Air Namibia die hond se vliegtuigkaartjie na Johannesburg geborg. Hy sou na verwagting vanoggend na Suid-Afrika vlieg.

Mnr. Ruan Du Preez van Ortho Pets Africa in Kaapstad sal ‘n gratis pasgemaakte harnas vir Shimbungu maak, asook ‘n rolstoel teen kosprys.

Intussen word ‘n harnas vir hom gesoek. Shimbungu benodig ook bababoudsalf, nommer ses-doeke, weggooibare skoonmaaklappies (“wet wipes”), babapoeier, komberse en hondekos, het die Oshana DBV op sy Facebookblad laat weet.

Mense wat wil help, kan vir Austen by 0027 728 733 881 kontak. Belangstellendes kan ook All Hearts Foundation SA se webwerf of Facebookblad besoek om te sien watter werk hulle kan doen ten bate van mishandelde en beseerde diere doen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.14/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.02% | Platinum US$ 914.69/OZ UP +1.39% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.14/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.02% | Platinum US$ 914.69/OZ UP +1.39%