Vind vriende wat verstaan

29 January 2019 | Rubrieke
Dit gebeur nogal baie dat ’n mens jouself in ’n posisie bevind waar jy ’n paar moeilike besluite moet neem en vertrou die mense om jou sal dit verstaan.

Die afgelope naweek was ’n goeie voorbeeld van so ’n situasie.

Vanjaar is ek vir die eerste keer na Namibia Media Holdings (NMH) se bestuurskonferensie uitgenooi.

Daar sou ons die jaar se beplanning doen, ons strategiese planne voorlê en ook ’n bietjie spanbou doen om ons gemoedere voor te berei op wat beslis ’n opwindende, maar terselfdertyd ongelooflik uitdagende jaar gaan wees.

Natuurlik was ek baie opgewonde, maar omtrent ’n week voor ons moes vertrek, kry ek twee verskriklik belangrike uitnodigings van mense, wat nogal baie hartseer was dat ek hul geleenthede nie kon bywoon nie.

Die een uitnodiging was na my beste mansvriend se 30ste verjaardag.

’n Dag daarná kom die uitnodiging van my beste vroulike vriendin na die opening van haar nuwe boetiek.

Albei sou op dieselfde dag plaasgevind het, maar gelukkig ’n goeie paar ure uitmekaar.

My trots en opgewondenheid is onmiddellik afgeskiet toe ek besef ek sou op daardie dag diep in die bossies buite Omaruru wees.

Normaalweg sou dit vir my ’n baie eenvoudige besluit wees, maar dié een was beslis nie aangenaam nie.

Hier is twee van my gunstelingmense in die wêreld, wat twee groot oomblikke in hul lewens vier, en ek moet vir hulle sê ek kan dit nie bywoon nie.

Ja, ek hét dit oorweeg om myself van die beplanningsnaweek te verskoon, of om myself met ’n skielike maagvirus te diagnoseer, maar die geleentheid om die verskillende aspekte van ons maatskappy beter te verstaan en om ons planne aan al die bestuurders in ons groep voor te lê, was iets wat ek nie kon misloop nie.

My twee vriende, wat albei baie loopbaangeoriënteerd is, het verstaan toe ek dit alles vir hulle verduidelik, maar dit het nie die hartseer verminder nie – veral nie soos wat ek meer en meer foto’s en opnames van hul feesvieringe op sosiale media gesien het nie.

Ek moet bieg, ek het so ’n bietjie brandewyn oor daai seer kol in my siel gegooi, en gelukkig was ons baie besig met groepsaktiwiteite, so ek kon myself nie té jammer gekry het nie.

Uit dié ervaring het ek nogal baie geleer.

Ons soek dikwels vriende wat die lekker tye saam met ons sal vier, maar dis in die teleurstellende tye wat jy sien wie in jou hoekie is, wie vir jou duim vashou, en wie jou sal ondersteun in tye wat jy soortgelyke moeilike besluite sal moet neem om jouself te probeer bevorder.

So, vir Nikola en Dylan wil ek baie graag gelukwens, en seëninge oor hulle uitspreek en hulle bedank dat ek vriende gevind het wat verstaan.

Soortgelyk

 

Windhoek se beursie leeg

48 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die verlies van die Windhoekse stadsraad (CoW) vir sy 2018-boekjaar is ’n kortkop duskant ’n miljard – meer as N$814,4 miljoen.Dié bedrag...

Man sterf in bootbrand

48 minute gelede | Ongelukke

‘n Brand wat Saterdagoggend op die Ocean Tide-stokvisboot ontstaan het, het die lewe van ‘n man geëis, het die polisie gister bevestig. Die boot was...

Kalahariwoestyn II skop skiet-skiet af

48 minute gelede | Polisie

Leandrea Louw op Walvisbaai – Twee sake van poging tot moord is die afgelope naweek langs die kus aanhangig gemaak.Dié sake hou verband met die...

Weer, Maandag 19 Augustus 2019

48 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Verre Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm met winderige toestande wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Nida moet sê oor groot geld

48 minute gelede | Plaaslik

Augetto Graig – Die soeklig val vanmiddag op die geldsake van die enorme agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) wat in beheer van sowat N$2...

Opposisie: Verwyder Katrina

48 minute gelede | Politiek

Catherine Sasman – Die jeugliga van die Popular Democratic Movement (PDMYL) het ‘n beroep gedoen dat die veroordeelde oudgoewerneur van die Hardapstreek en oudminister van...

Hoenderstorting: Kriteria sal hersien word

48 minute gelede | Plaaslik

Elvira HattinghDie ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling gaan kriteria vir die toestaan van invoerkwotas van hoenderprodukte hersien. In 'n kennisgewing wat Vrydag in onder...

Komplekse hartklepchirurgie in Windhoek gedoen

48 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Die harteenheid van die Rooms-Katolieke Hospitaal in Windhoek het hom by een van ses eenhede in Afrika aangesluit wat minimale indringende chirurgie...

Verkiesings 2019: Persepsies oor mediavryheid

48 minute gelede | Politiek

Christie Keulder – Namibië is die Afrika-land met die vryste media volgens 2019 se Wêreldpersvryheidindeks.Die land beklee internasionaal die algehele 23ste plek, wat aandui dat...