Vigsverwante demensie bekyk

'n Amerikaanse neurowetenskaplike sê MIV-demensie is algemener as alzheimers in lande soos Namibië en Suid-Afrika.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Namibië is die eerste land in Afrika wat nou saam met 'n laboratorium in Amerika werk om 'n databasis vir demensie in die land saam te stel, en om veral die voorkoms van vigsverwante demensie in Namibië te ondersoek.

Alzheimers Dementia Namibia (AND) werk nou saam met dr. William Hu, 'n neuroloog en neurowetenskaplike van Atlanta, Amerika, en sy laboratorium, Hu Lab.

Dié samewerking volg ná 'n ontmoeting tussen AND se stigter, mnr. Berrie Holtzhausen, en Hu tydens die vierde Afrika Alzheimers-kongres wat in Kenia aangebied is.

“Hy het my in Junie verlede jaar gekontak nadat iemand van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) hom van my vertel het. Ons het e-posse heen en weer gestuur en ek het vertel van my vermoede dat daar geweldig baie mense in Namibië is wat met MIV/vigsverwante demensie saamleef. Dit is selfs mense jonger as 35 jaar,” vertel Holtzhausen.

Hu se antwoord was dat hy nou saam met MIV-dokters in Atlanta, Amerika, oor die verband tussen MIV en alzheimers werk.

Atlanta het die hoogste getal MIV-positiewe mense in Amerika.

Volgens Hu is die kwessie van demensie wat aan MIV verwant is “redelik betekenisvol”.

“Ek het syfers gebaseer op bevolkingstatistiek, die voorkoms van alzheimers en die beraamde voorkoms van alzheimers vir Noord-Amerika, Europa, Australië en Afrika getrek. Dit wil volgens die model, wat nie baie gesofistikeerd is nie, voorkom of MIV-demensie 'n baie algemene oorsaak van demensie in Afrikalande is,” het Hu in 'n e-pos aan Holtzhausen gesê.

Volgens Hu is MIV-demensie meer algemeen as alzheimers in lande soos Namibië, Suid-Afrika, Uganda, Kenia, Tanzanië, Nigerië, Gaboen en Togo.

Volgens Holtzhausen werk hy nou saam met Hu en sy laboratorium om 'n databasis vir demensie in Namibië saam te stel.

Hu het 'n vraelys (Mini Mind State Examination - MMSE) vir Holtzhausen saamgestel, nadat hy verskeie vrae oor onder meer kulturele begrippe en gebruike moes beantwoord oor die omgewing waarin hy die laaste paar jaar werk.

“My opdrag behels die opspoor van mense wat met MIV/vigs leef en om dan gevolglik die vraelys vir elk te voltooi,” verduidelik Holtzhausen.

Volgens hom is die MMSE so saamgestel dat dit as 'n kliniese toets bepaal watter deel van die brein moontlik beskadig is en reeds besig is om “af te sterf”.

Holzhausen se eerste respondent om die vraelys te voltooi, was me. Frankhilde Haingura oor wie Republikein al vantevore berig het.

Haingura, wat met demensie leef, het vyf jaar gelede al haar lewensmiddele verloor nadat haar buurvrou haar 'n “heks” genoem het.

Dít omdat haar gemeenskap haar uit onkunde verwerp het.

“Ek het die uitslae van die MMSE-vraelys aan Hu teruggestuur sodat hulle kan sien of dit goed genoeg is vir die spesifieke kultuur en milieu waarin ek werk.”

Holtzhausen sê hy is opgewonde oor die samewerking tussen AND en Hu Lab.

“Ek hoop die data sal 'n bydrae tot samewerking met nieregeringsorganisasies lewer wat fokus op MIV/vigs, asook tot die ministerie van gesondheid en die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se program vir lewensvaardighede, en dat dit tot voordeel van breingesondheid in Namibië sal wees.

“Ek hoop dit sal die diskriminasie teen en stigma oor breinsiektes soos demensie en ander breinafwykings verminder en verhoed.”

Die Hu Lab is op die Emory-universiteit se kampus in Atlanta, Amerika, geleë en fokus op vloeibare biomerkers in neurodegeneratiewe versteurings wat alzheimers, frontotemporale demensie en ander verwante toestande insluit. Dit staan onder leiding van Hu, wat in 2010 by die universiteit aangesluit het om die biomerkerprogram uit te brei en te verbeter. Hy is ook die ontvanger van die Paul B. Beeson- toekenning vir loopbaanontwikkeling.

Die doel van Hu se laboratorium is om begrip van vroeë veranderings in alzheimers (AD), frontotemporale degenerasie (FTD) en Lewy-liggaamsiekte (LBD) deur middel van die ontleding van serebro­spinale ­vloeistof te bevorder.

Voorts fokus die Hu Lab op die ontwikkeling van diagnostiese en prognostiese biomerkers vir bogenoemde siektes.

Die hoop is om dié biomerkers te gebruik om behandelings vir AD, FTD en LBD te identifiseer wat die potensiaal het om die koers van dié siektes te verander.

Volgens Hu Lab se webtuiste woon 'n beraamde 66% van mense met demensie in laer- en middelinkomstelande, met weinig begrip oor watter siektes demensie in dié lande veroorsaak.

Volgens Hu kan gevra word of alzheimers in Noord-Amerika dieselfde as in Europa is.

“Is dit vaskulêre demensie (verwant aan beroertes) of Lewy-liggaamsiekte (verwant aan parkinsons), of is dit iets anders?” vra die webtuiste.

Buiten Namibië werk die Hu Lab nou saam met Costa Rica en die Dominikaanse Republiek om die oorsake van demensie op te spoor.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.48 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.69/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 824.40/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 88.04/BBP DOWN -0.0033 | Platinum US$ 910.29/OZ UP +0.04% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.48 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.69/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 824.40/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 88.04/BBP DOWN -0.0033 | Platinum US$ 910.29/OZ UP +0.04%