Vigs: 42% minder sterf
Vigs: 42% minder sterf

Vigs: 42% minder sterf

Dit is openbare gesondheidsbeamptes en politieke leiers se plig om te verseker die vigspandemie word kostedoeltreffend en volhoubaar beheer, sê die gesondheidsminister.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Weens MIV-toetsstelle wat meer geredelik onder gemeenskappe beskikbaar is, is minstens drie uit vier mense wat met MIV leef, van hul status bewus.

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is groot vooruitgang gemaak in die bereiking van die doelwitte van die nasionale strategiese raamwerk.

Dít danksy politieke bereidwilligheid en leierskap, sowel as die ondersteuning van ontwikkelingsvennote.

Hy het verwys na ’n daling van 42% in vigsverwante sterftes in Oos- en Suidelike Afrika, wat grootliks aan vooruitgang in Afrika suid van die Sahara toe te skryf is.

Shangula was aan die woord tydens die opening van die buitengewone gesamentlike ontmoeting van ministers van gesondheid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-streek.

Die vergadering, wat in Windhoek plaasgevind het, is deur die voorsitter van die SADC-ontwikkelingskomitee, president Hage Geingob, byeengeroep om maniere te ondersoek om MIV/vigs volhoubaar in SADC-lidlande te beheer.

Shangula het gesê in die lig van kwynende hulpbronne is dit openbare gesondheidsbeamptes en politieke leiers se plig om te verseker die vigspandemie word kostedoeltreffend en volhoubaar in gemeenskappe beheer.

“Daar is ’n dringende behoefte daaraan om maniere te oorweeg om voorsiening vir finansiële hulpbronne te maak om die vooruitgang te beskerm en vol te hou wat gemaak is om die vigspandemie te beheer,” het Shangula gesê.

Volgens hom is akkurate en betroubare inligting nodig om die doeltreffendheid van finansiële hulpbronne te verseker.

Hy het beklemtoon beleidsrigtings vir gesondheid en regsmiddele moet plaaslike programme ondersteun om die verlangde uitkomste te verseker.

Die ministers sal na afloop van die vergadering ’n plan vir die volhoubare beheer van die MIV-pandemie opstel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!