Viertal laat rekords spat
Boogskiet
Elf Namibiese skutters van Windhoek en Lüderitz het die afgelope naweek by Heja Lodge aan die laaste veldboogskietkompetisie vir die jaar deelgeneem waar etlike rekords aan flarde geskiet is.
Die kompetisie is deur die Windhoek Veldboogklub in warm en bedompige weer aangebied. Dit het 'n paar uitdagings aan die deelnemers gestel, maar met topklas boogkuns is die jaareindveldskietbyeenkoms op 'n hoë noot afgesluit.
Rene Rossler van Lüderitz het sy goeie peil van die afgelope jaar voortgesit en met 'n puik telling van 539 'n agt jaar oue rekord (2010) in die onbeperkte jagboogafdeling vir volwasse mans oortref.
JP Viljoen herskryf sy eie rekords in die onbeperkte jagboogafdeling in die diere- en jagronde vir mans 17-19 jaar, met onderskeidelik 544 en 505 punte.
Nog 'n rekordbreker is Liezl Schoeman en haar dogter Lindie wat die pyle sekuur plant.
Liezl teken 'n knap 511 in die jagronde vir volwasse vroue in die onbeperkte jagboogklas aan, terwyl Lindie haar eie rekord vir junior vroue in die onbeperkte vrystyl in die jagronde tot 389 laat klim.
Die voorste uitslae:
Senior mans, onbeperkte vrystyl: 1 Jannie Meuwesen (Lüderitz) 1644 punte, 2 Piet Zondagh 1575.
Senior mans, onbeperkte jagboog: 1 Rene Rossler (Lüderitz) 1630, 2 Martin Alberts 1221.
Senior vroue, onbeperkte vrystyl:
1 Beanta Viviers 971, 2 Charmain du Preez 451.
Seuns 13-17 jaar, onbeperkte vrystyl: 1 Mathys du Preez 402.
Seuns 17-19 jaar, onbeperkte jagboog: 1 JP Viljoen 1545.
Senior vroue, onbeperkte jagboog:
1 Liezl Schoeman 1570.
Meisies 13-17 jaar, onbeperkte jagboog: 1 Nanda Schoeman 1356.
Meisies 17-19 jaar, onbeperkte vrystyl: 1 Lindie Schoeman 1149.
• Liezl Schoeman (jagronde, 511 punte), JP Viljoen (jagronde, 505 en diereronde, 544), Rene Rossler (veldronde, 539) en Lindie Schoeman (jagronde, 389) het dié Namibiese rekords gedurende Oktobermaand in Suid-Afrika met hul deelname daar verbeter.
• Alle boogskutters is welkom om op 22 Desember by die Swakopmund Vuisbalklub (SFC) aan 'n vriendskaplike binnenshuise kompetisie deel te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie