Vier vas oor dagga, gemsbokjag
Francoise Steynberg
Vier mans is Sondag by Bergsig naby Khorixas in die Kunenestreek in verband met die onwettige jag van 'n gemsbok in hegtenis geneem.
Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Kunenestreek, adj.komm. Rudolf Kanyetu, is 'n bykomende klag van die onwettige besit van dagga ook teen die verdagtes aanhangig gemaak.
“Altesaam 70 'ballies' dagga is by die huis van een van die verdagtes gevind en biltong van 'n gemsbok het by die huis van een verdagtes gehang, wat die polisie verder laat ondersoek instel het,” het Kanyetu gesê. Die polisie het die dagga gevind terwyl hulle die huis deursoek het.
Die verdagtes is onderskeidelik 45, 42, 38 en 23 jaar oud.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie