Vier trots-Namibiese musiek

Lloyd Zandberg
Die RMB Song Night is terug en dié nuwe jaar beloof iets spesiaal.

Hulle het reeds verwagtinge oortref deur die Namibiese klank verder te laat groei.

Hulle beloof om op die mentorskap van musikante te fokus en dinamiese sangers na die verhoog te bring.

“Deesdae word Namibiese musiek internasionaal herken. Sangers begin die waarde besef om hul inhoud ten toon te stel. Ons moet gehoor word by internasionale musiekfeeste dwarsoor die wêreld. Ons moet mekaar help om Namibië in die internasionale mark te verteenwoordig, want plaaslik is nie meer genoeg nie,” het Lize Ehlers, stigter en direkteur van RMB Song Night gesê.

Die vermaakbedryf is konstant besig om te verander, en RMB Song Night is baie opgewonde om in 2020 hul ou pos te hervat by die voormalige Warehouse-teater, wat nou ‘n nuwe baadjie aangetrek het en bekend staan as The Brewer’s Market.

“Ons is opgewonde oor die ligging, en om ons nuwe handelsmerk-ambassadeur te verwelkom. Zikizee Hangero, ook bekend as Zikii, hou reeds die RMB-vlag hoog met haar debuutalbum Spread the Love wat op die trefferlyste van plaaslike radiostasies boer,” het Ehlers gesê.

RMB Song Night is ook opgewonde om Energy 100 FM as mediavennoot aan boord te verwelkom, en loof hul jarelange vennote - RMB, 99FM, HEC, Fantastic Sam, House of Poulton, Styled by Martina, ED Music Academy en Miss Jey Arts.

Jy kan deel wees van die eerste 2020 RMB Song Night. Oudisies word op 4 Maart by die Brewer’s Market gehou, met trots-Namibiese musiek. Oudisies is gratis en jy sing a capella, maar jy kan ‘n akoestiese kitaar saambring. Dit vind plaas vanaf 18:00 tot 20:00.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!