Vier sterf in ongeluk naby Rehoboth
Vier persone is gistermiddag dood in ’n ongeluk op die B1-pad naby Rehoboth nadat ’n nutsvoertuig se band gebars het. Die ongeluk het omstreeks 17:00 sowat agt kilometer noord van Rehoboth plaasgevind. Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke vir die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay, het die voertuig se linkeragterband na bewering gebars, waarna die voertuig die pad verlaat en omgeslaan het. Drie van die insittendes is volgens Clay op die toneel dood. ’n Vierde persoon is onderweg na die St. Mary’s-hospitaal op die dorp dood, terwyl nog twee met ernstige beserings na Windhoek vervoer is. Vroeër die middag het vyf persone op die Okahanja-Windhoek-roete in nog ’n grubotsing gesterf.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie