Vier sterf in drie ongelukke
Vier sterf in drie ongelukke

Vier sterf in drie ongelukke

Verskeie sake van roekelose en nalatige bestuur, asook dronkbestuur is die naweek aanhangig gemaak.
Francoise Steynberg
Vier mense het die afgelope naweek in drie afsonderlike motorongelukke beswyk.

Vrydag omstreeks 20:29 het ‘n sewesitplek-bus teen ‘n stilstaande vragmotor in Katutura gebots. Twee mense is op slag dood en ses is kritiek beseer.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk op die hoek van Simmentaler- en Hosea Kutakostraat plaasgevind.

“Die bus het in ‘n noordelike rigting gereis toe die bestuurder (35) beheer daaroor verloor het,” lui die verslag.

“Die bestuurder is nie beseer nie en die ses beseerdes is in die Katutura-staatshospitaal opgeneem. Een van die oorledenes is as mnr. Erastus Shitulipo Erastus geïdentifiseer.”

Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om die Windhoekse polisielykshuis vir identifikasiedoeleindes te besoek as ‘n naasbestaande vermis word.

Die polisieondersoek duur voort.

‘n Voetganger (27) is Sondag omstreeks 00:30 op die B1-hoofweg naby die NamPower-brug doodgery.

“Na bewering is die voetganger deur die bestuurder van ‘n Dodge Ram-dubbelkajuitbakkie doodgery. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort,” sê die polisie.

Die oorledene se naasbestaandes is nog nie van sy dood ingelig nie.

Op Omumbu is ook ‘n voetganger Sondag omstreeks 00:58 op die hoofweg tussen Oshakati en Omungwelume doodgery.

“Na bewering is die onbekende voetganger deur ‘n VW Golf raakgery toe hy die pad oorgesteek het,” sê die polisie. Hy het op die toneel beswyk.

Die oorledene se naasbestaandes is nog nie van sy dood ingelig nie.

Op Khorixas is ook ‘n voetganger (39) raakgekry. ‘n Klag van roekelose en nalatige bestuur is aanhangig gemaak.

Die voorval het volgens die polisie Saterdag omstreeks 02:00 by die Hector Save Bar plaasgevind.

“Na bewering het die bestuurder van die voertuig probeer om seuns te vermy wat hom wou beroof het. Hy het glo vinnig van hulle probeer wegjaag en in die proses ‘n voetganger raakgery,” sê die polisie.

Die voetganger se been is gebreek en hy is in die Khorixas-staathospitaal opgeneem. Sy toestand is stabiel.

‘n Namibiese man (37) sou Maandag in die landdroshof op Karibib op klagte van roekelose en nalatige bestuur, dronkbestuur en die verseg van die neem van ‘n bloed- of asemtoets verskyn.

Die verdagte is Saterdag omstreeks 16:00 by die Total-vulstasie in hegtenis geneem.

“Na bewering het hy glo roekeloos en onder die invloed van alkohol of dwelms in Hidipo Hamutenyaweg met sy sedan teen ‘n vragmotor gebots,” sê die polisie.

“Die verdagte en die vragmotorbestuurder is nie beseer nie, maar ‘n passasier (30) het borsbeserings opgedoen en is in die Usakos-staatshospitaal opgeneem.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!