Vier slagoffers van gru-ongeluk bekend
Vier slagoffers van gru-ongeluk bekend

Vier slagoffers van gru-ongeluk bekend

Ester Kamati
Ester Kamati op Otjiwarongo. - Die vier slagoffers van Vrydagaand se gru-ongeluk tussen Otavi en Otjiwarongo se name is bekend gemaak.


Ná die Otavi-polisie lede van die publiek versoek het om hulle te kontak oor familielede wat gereis, maar nie hul bstemmings bereik het nie, is die slagoffers Saterdag geïdentifiseer.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het drie vroue en 'n man in die ongeluk tussen ‘n silwer Toyota Fortuner en ‘n blou Toyota-bakkie omgekom. Die ongeluk het Vrydag omstreeks 20:23 sowat 20 km suid van Otavi plaasgevind.

Die bakkie het vanaf Otavi gereis en die Fortuner in die teenoorgestelde rigting, volgens die polisie.

Daar was vyf insittendes - vier vroue en 'n manlike bestuurder - in die Fortuner en in die bakkie was net 'n manlike bestuurder.

Die bakkie het weens die erge impak van die botsing aan die brand geslaan en die bestuurder, mnr. Hosea Nghilifavali Amunyela (58), is deur die vlamme verswelg.

Die drie vroulike slagoffres in die Fortuner is as mee. Ester Muduni (50), Nepemba Magalita (57) en Lucia Mate Mwazona (57), geïntifiseer.

Hul naasbestaandes is ingelig en die liggame is by die Otavi-kliniek se lykshuis.

Die polisieondersoek duur voort.

Foto Sean Naude

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!