Vier onherkenbaar vermink

Hoewel die polisie die name het van Woensdag se ongelukslagoffers kan hulle nog nie die oorledenes se oorskot vrystel nie.
Denver Kisting
Denver Kisting - Die liggame van die vier mense wat Woensdagmiddag buite Asab in ’n kop-aan-kop-botsing omgekom het, is onherkenbaar vermink.

Adj.komm. Eric Clay, koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, het gister aan Republikein gesê die lyke is Windhoek toe gebring vir moontlike DNS-ontleding.

Hy sê die polisie het ’n goeie aanduiding van wie die vier oorledenes was, maar die verminkte liggame gaan nie aan naasbestaandes beskikbaar gestel word om te begrawe as daar nie algehele sekerheid oor hul identiteit bestaan nie.

In dié stadium is die aanduidings dat twee oorledenes werknemers van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in die ||Karasstreek was, terwyl die moontlikheid ondersoek word dat die ander oorledenes rylopers was.

Clay het Woensdagaand aan die koerant gesê: “’n Gru-ongeluk is tussen 15:30 en 15:45 op die Mariental-Keetmanshoop-hoofpad sowat 3 km buite Asab aangemeld.”

Volgens hom het die bestuurder van ’n Marco Polo-bus, wat nagenoeg 35 kontrakmynwerkers van Rosh Pinah vervoer het, na bewering beheer oor die voertuig verloor waarna dit na die teenoorgestelde baan toe beweeg het.

Bakkie in twee geruk

Dit het reg van voor teen ’n dubbelkajuitbakkie gebots, waarin vier mense was wat almal op die toneel gesterf het. “Die impak was só erg dat die bakkie in twee dele geruk is en die liggame van die twee mans en twee vroue vermink is.”

Die bus het ná die botsing die pad verlaat en op sy sy beland, het Clay voorts gesê.

Teen gisteroggend is twee van die insittendes van die bus Windhoek toe vervoer vanweë die ernstige aard van hul beserings.

Sommige van die ander passasiers word in die staatshospitaal op Mariental behandel terwyl dié met geringe beserings op die toneel vir skok behandel is.

Teen 20:00 Woensdag was polisielede steeds besig om die toneel op te ruim.

Verlede week se ongelukstatistieke

Die verslag oor die ongeluk kom kort op die hakke van nuus dat ongelukke, sterftes en beserings verlede week landswyd afgeneem het vergeleke met dieselfde week in 2017.

In die weeklikse ongelukverslag wat deur die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) uitgereik is vir die week van 28 Mei tot 3 Junie 2018 word aangedui ongelukke het met 37% gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

Hiernaas het beserings met die helfte (50%) geval, terwyl 64% minder sterftes aangeteken is.

Wat verlede week se 56 ongelukke landswyd betref, het 25 in die Khomasstreek voorgekom. Nege ongelukke is in Erongo aangeteken, terwyl vyf in onderskeidelik Oshikoto en Otjozondjupa plaasgevind het.

Geen ongeluk is verlede week in ||Karas aangemeld nie.

Luidens die verslag was 17 voetgangers, vier diere en twee fietsryers in verlede week se ongelukke betrokke.

Ministerie reageer

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het gister by monde van sy permanente sekretaris, me. Sanet Steenkamp, gesê: “Dit is vir ons verskriklik tragies.”

Die inligting tot hul beskikking is dat een werknemer ’n drywer was en die ander een ’n hoof- administratiewe beampte van die ||Karasstreek.

Sy het bevestig verteenwoordigers van die streeksonderwyskantoor het reeds gister die oorledenes se families besoek om hul medelye namens die ministerie oor te dra.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%