Vier maande sonder water weens vervoerprobleem
Stukkende voertuie veroorsaak dat kantore vir landelike waterverskaffing se werk ver agter raak.
Subbed
Elvira Hattingh – Mens en dier by ’n informele nedersetting buite Bethanie moet reeds vir sowat vier maande lank sonder water klaarkom omdat die owerhede nie vervoer het om die nedersetting te bereik en ’n waterpomp te herstel nie.
Mnr. Bertie Bezuidenhout van landelike waterverskaffing op Keetmanshoop sê hulle is bewus van die waterprobleem by die Lafrenz-nedersetting buite Bethanie, maar hulle het geen werkende lorries of passasiermotors om die nedersetting te bereik en die pomp te herstel nie.
“Al ons lorries is buite werking en ons het ook nie passasiermotors om die werkers te vervoer nie. Ons het tans twee bykomende voertuie van die regering ontvang om ons werk te verrig, maar intussen het ons ver agter geraak.”
Hy wou nie ’n tydsaanduiding gee van wanneer hulle by Bethanie sal uitkom nie, alhoewel hy bevestig het dat hulle die erns van die situasie begryp.
“Ons dien ’n groot gebied – van Karasburg, Bethanie en Berseba tot by Tses. Intussen wag ons dat ons voertuie herstel word in Windhoek en ten spyte van navrae, kon ek geen terugvoering oor die vordering van herstelwerk ontvang nie,” het hy gister aan Republikein gesê.
Bezuidenhout sê dis ’n landswye probleem en die afdelings vir landelike waterverskaffing uit ander gebiede bel soms onder mekaar om voertuie te leen.
Intussen moet mense in die Lafrenz-nedersetting se diere ver stap om elders water te kry en dit lei daartoe dat die bokke en donkies wegraak. Hul tuine vol groente het gevrek en hulle moet in nabygeleë droë rivierlope gate of gorras grawe om bekertjies water uit te skep sodat hulle drinkwater het.
Die regering het bykans ’n jaar gelede die windpomp by die nedersetting vervang met ’n waterpomp wat met sonkrag werk. Ses nuwe watertenks met pyplyne na die huise is ook aangebring en almal kon voordeel hieruit skep. Die pomp het egter in April vanjaar onklaar geraak, en dit is by die dorpsraad op Bethanie aangemeld. Dit is toe uitgehaal om herstel te word.
Intussen betaal die inwoners steeds maandeliks vir die diens, alhoewel hul krane droog is.
Die ministerie van landbou, water en bosbou is gister vir kommentaar genader om vas te stel of dit van die vervoerprobleem bewus is. Dit het ontvangs van die vrae erken en sal na verwagting binnekort reageer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie