Vier kwartale (mou00adontu00adlik) onderu00adwys se voorland
Vier kwartale (mou00adontu00adlik) onderu00adwys se voorland

Vier kwartale (mo­ont­lik) onder­wys se voorland

Geen besluit is nog geneem oor hoe die Namibiese onderwysstel vir die res van die jaar daarna gaan uitsien nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



'n Stelsel van vier kwartale wat op 3 Augustus begin wanneer leerlinge en onderwysers na skole terugkeer vir 'n nuwe skooljaar en op 4 Junie aanstaande jaar eindig.

Dit is een van vier moontlikhede wat die ministeries van onderwys, kuns en kultuur en hoër onderwys, tegnologie en vernuwing ondersoek om onderwys in die land in die lig van die Covid-19-pandemie, weer op koers te bring.

Volgens 'n meesterplan bied die moontlikheid van vier kwartale ruimte vir “voldoende onderrig- en akademiese beplanning” en hoewel dit afwyk van die normale skoolkalender, neem dit die psigo-maatskaplike faktore in ag wat die pandemie op gemeenskappe, onderwysers en leerlinge gehad het.

Die plan maan onderwysers en leerlinge moet die versekering hê genoeg tyd is beskikbaar vir onderrig van aangesig tot aangesig, sowel as vir evaluering vir bevordering.

Dié moontlikheid bied 'n grasietydperk van 'n maand aan leerlinge en verhoed dat hulle in die wintertyd op die skoolbanke is.

Die skool sal ná afloop van die voorgestelde vier kwartale op Vrydag 4 Junie 2021 sluit en 'n maand later, weer op 2 Augustus 2021, heropen.

Die tweede moontlikheid volg ook vier kwartale met die skool wat reeds op 3 Junie open en weer op 12 Maart 2021 sluit. Die nuwe akademiese jaar skop op 12 April af, waarna die NSSC-O en NSSC-H-eksamen­uitslae in middel-Mei vrygestel sal word.

Die moontlikheid bring die finansiële- en akademiese jaar in lyn met die derde kwartaal wat op 20 November vanjaar eindig en die vierde kwartaal wat vanaf 11 Januarie tot 12 Maart 2021 duur.

Volgens die meesterplan word die 29 dae tussen 20 April en 2 Junie as “grasietydperk” vir die voorbereiding en implementering van ­voortgesette onderrig beskou en word leerlinge nie formeel geëvalueer nie. Onderrig in die tydperk word deur aanlyn lesse en - programme ondersteun.

In die derde moontlikheid is die druk op die afhandel vanjaar van die leerplan se inhoud en is 13 onderrigdae minder as die minimum vereiste van 195 dae.

Die tweede termyn begin op 3 Junie en sluit op 21 Augustus, terwyl die derde termyn op 1 September begin en op 18 Desember sluit.

Alle Saterdae (uitgesluit dié van die eerste en laaste week van die termyn) van al die weke in die tweede termyn en drie Saterdae van die eerste drie weke van die derde termyn sal vir verpligte onderrig gebruik word.

Die nasionale eksterne eksamen vir NSSC-O en NSSC-H sal op 26 Oktober begin en tot 18 ­Desember duur.

Dié moontlikheid is onderhewig aan die nodige toegang tot internasionale koerierdienste van eksamenmateriaal wat betyds uit Brittanje verskeep moet word.

Die moontlikheid met die hoogste risiko is skole wat direk ná afloop van die grendeltydperk heropen en onderwysers wat op 6 Mei na skole terugkeer. Leerlinge val dan op 18 Mei landswyd by skole in wat weer op 21 Augustus sluit.

Die derde termyn begin op 1 September en duur tot 18 Desember.

Volgens die meesterplan het dié moontlikheid vyf dae minder as die vereiste 195 minimum dae van onderrig. Om vir laasgenoemde op te maak, word Saterdae vir die eerste vyf weke van die tweede termyn verpligte dae vir onderrig.

Die Nasionale eksamens vir NSSC-O en NSSC-H sal vanaf 26 Ok­to­ber tot 18 Desember duur.

Die meesterplan maan klaskamers se kapasiteit tans ondersteun nie die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se verpligte afstand van ten minste een meter tussen mense nie. Ook voldoen die huidige stand van sanitasiegeriewe by baie skole ook nie aan die vereiste voorwaardes nie.

Namibië het tans 804 079 leerlinge in 1 920 skole oraloor die land. Volgens die ministerie het 32% (614) van die skole geen telekommunikasie nie, is 18% (346) sonder krag, 13% (250) sonder sanitasiegeriewe en 11% (211) sonder toegang tot water.

Toegang tot kommunikasietegnologie soos internet is tot stedelike skole beperk, terwyl die koste verbonde om gelyke toegang aan alle leerlinge te verskaf, hoog is.

By baie skole in die land is die toe­gang tot water en sanitasie steeds 'n uitdaging en bly voedingsprogramme vir behoeftige leerlinge 'n uitdaging.

Met verwysing na hoër onderrig het die land tans 67 000 studente by 86 openbare en private beroepsgerigte instellings en 16 instellings vir hoër onderrig.

Sowat 25% van studente het geen toegang tot rekenaars of data nie.

Private instellings vir hoër onderrig het 'n gebrek aan infrastruktuur en kapasiteit om programme oor te skuif na aanlyn onderrig. Laasgenoemde is ook nie 'n moontlikheid vir studente in beroepsgerigte rigtings nie, omdat onderrig uit 70% prakties en 30% teorie bestaan.

Byna 30 000 studente het ook nie toegang tot skootrekenaars of tablette nie en word deur die koste van databundels geraak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!