Vier ernstig beseer in twee ongelukke
Twee mans het Dinsdagaand ternouernood ontkom, nadat die voertuig waarin hulle op reis was verskeie keer gerol het.
Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupa-streek, ao. Maureen Mbeha het die 31-jarige bestuurder sowat 33 kilometer noord van Otjiwarongo beheer oor die voertuig verloor, nadat hy ‘n vragmotor verbygesteek het.
Die bestuurder en sy passasier is met ernstige beserings in die staatshospitaal op Otjiwarongo opgeneem.
In nog ‘n ongeluk is ‘n 28-jarige man en sy passasier in dieselfde hospitaal opgeneem, nadat die voertuig waarin hulle op reis was op die grondpad tussen Otjiwarongo en die Queen Sofia-hervestigingsplaas verskeie keer gerol het.
Gevalle van roekelose en nalatige bestuur is in beide gevalle geopen. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie