Vier damme kry tans water by
Die Nautedam ontvang tans ’n goeie hoeveelheid water. Volgens ’n verslag wat pas deur NamWater uitgereik is, het daar teen 07:00 vanoggend sowat 11,6 m³ water die dam per sekonde binnegevloei. Die dam staan tans op 71,7%.
Sowat 5,3 m³ water per sekonde loop op die oomblik ook die Hardapdam binne, maar die grootste hoeveelheid water het dié dam Maandag binnegevloei (tóé sowat 61,1 m³ per sekonde). Vanoggend om 08:00 was die dam 30,1% vol, vergeleke met Maandag dieselfde tyd toe dit op 29,5% gestaan het.
Die Von Bachdam (foto) kry op die oomblik ook sowat 1,4 m³ water per sekonde by. Sedert Maandag het dit altesaam 0,371 Mm³ water bygekry - gevolglik het die dam se vlak van 12% na 12,7% gestyg.
Die Oanobdam (nou 25,7% vol) het ook met 0,7% gestyg en kry tans 0,9 m³ water per sekonde in. Foto argief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie