Video wys glo ontvoerde kinders in Kameroen

Geweld in 2018 toegeneem

08 November 2018 | Afrika
Niemand het nog verantwoordelikheid aanvaar vir die ontvoering van ’n groot groep skoolkinders in die weste van Kameroen nie.

Gewapende aanvallers het Maandag toegeslaan op ’n skool in die stad Bamenda, geleë in ’n Engelssprekende streek waar seperatiste vir ’n onafhanklike staat veg.

Hulle het sowat 80 seuns en die skoolhoof ontvoer.

Intussen doen ’n video wat van die ontvoerde seuns wys, die ronde op sosiale media. Daar word geglo die video is deur die ontvoerders geneem. In die video noem die seuns hul name, waar hulle vandaan is, dat hulle deur die “Amba boys” ontvoer is en nie weet waar hulle is nie.

Reuters berig separatiste het ’n klokreël ingestel en skole gesluit as deel van betogings teen pres. Paul Biya se Franssprekende regering en die vermeende marginalisering van die Engelssprekende minderheid.

’n Woordvoerder van die separatiste het egter enige betrokkenheid by die ontvoering ontken.

“In geheel is 81 mense ontvoer, insluitend die skoolhoof. Hulle is in die bosse ingeneem,” het ’n militêre bron gesê.

’n Ander bron sê 79 van die ontvoerders is kinders, terwyl ’n woordvoerder van die weermag die voorval bevestig het, maar nie wou aandui hoeveel mense ontvoer is nie.

Die woordvoerder sê dit is waarskynlik dat die separatiste die ontvoering uitgevoer het.

AMBAZONIA

Die BBC berig Amba is kort vir Ambazonia, die naam van die nuwe land waarvoor die separatiste veg.

Die skool waar die kinders ontvoer is, is ’n Presbiteriaanse skool met leerlinge van tussen tien en 14 jaar oud. Die New York Times berig ’n werknemer by die skool het vermoedelik met die ontvoering gehelp.

Die separatistiese beweging het in 2017 stoom opgetel nadat die regering op vreedsame betogings toegeslaan het, aldus Reuters.

Die BBC berig Hoogeerwaarde Fonki Samuel Forba van die kerk was in kontak met die ontvoerders. Hulle wil glo nie ’n losprys hê nie, maar dat die skole gesluit word.

Een van die aanvanklike griewe was dat Franssprekende onderwysers aangewys is vir Engelse skole in die noordweste en suidweste.

Geweld het in 2018 toegeneem, insluitend waar die weermag ingegryp het en burgerlikes doodgemaak is.

Talle mense het uit Bamenda en ander dele gevlug na vreedsamer Franssprekende streke. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

16 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

16 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

16 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

16 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

16 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...