Vetkoek
Vetkoek

Vetkoek

Lloyd Zandberg
Dié resep het my ouma altyd gemaak. Dis besonder lekker en bly ’n staatmaker. Sowat 8 vetkoeke

Bestanddele

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 20 ml bakpoeier

• 2 ml sout

• 15 ml botter

• 250 ml melk

• sowat 500 ml sonneblomolie

So maak jy

Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die melk by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of die olie reg is. As die deeg mooi stadig bruin braai, sal die olie gereed wees. Onthou om die temperatuur laer te draai, want die vetkoek braai sowat 10 minute in die olie om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met botter en gouestroop.

’n Lekker wenk is om twee eetlepels te gebruik om die deeg in die olie te skep. Voor elke skep doop jy die lepels in die warm olie. Sodra gaar, plaas vetkoek op kombuispapier om van oortollige olie ontslae te raak. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!