Veterane vergader met ANC se topses
'n Taakgroep van ANC-veterane wat ontevrede is oor die stand van die ANC, het gister met die party se topleierskap vergader.
Die verwagting was dat die ANC se topses die vergadering saam met verteenwoordigers van die veterane bywoon.
Die veterane het verlede jaar hul stem dik gemaak en gesê die enigste manier om die ANC te red, is om 'n konsultasie-konferensie te hou.
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het verlede jaar besluit die eerste twee dae van die ANC se beleidskonferensie in Junie sal vir dié konferensie gebruik word.
Die veterane wil hê daar moet tyd tussen die twee konferensies verloop.
Genl. Siphiwe Nyanda, voormalige hoof van die weermag en oudminister, en Sheila Sisulu, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Amerika, sal na verwagting ook die vergadering bywoon.
Eerw. Frank Chikane het verlede week op 'n mediakonferensie in Johannesburg gesê dit moet so gou as moontlik plaasvind “sodat daar genoeg tyd is om die prosesse te beïnvloed voor die ANC se beleidskonferensie in Junie”.
“Die beleidsprosesse in die party is baie ingewikkeld. Daarom gaan ons die topses vra ons wil hê die raadplegende konferensie moet so gou moontlik plaasvind sodat ons hier insette kan lewer om die proses te beïnvloed,” het Chikane gesê.
Die taakgroep hoop om teen einde Maart voorstelle te hê oor hoe die ANC reggeruk kan word. Dit sluit onder meer in voorstelle oor veranderinge aan die party se grondwet en die wyse waarop die party sy leiers kies.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie