Vet skuld u2013 vir brandmaer jaar
Vet skuld u2013 vir brandmaer jaar

Vet skuld – vir brandmaer jaar

Dani Booysen
'n Moeiliker nooiensbegroting was onmoontlik vir mnr. Iipum­bu Shiimi as nuwe minister van finansies.

Reaksies op die Covid-19-pandemie het die wêreldekonomie aan flarde geruk. Die beker sou Namibië nie gespaar bly nie.

Gegewe die aard van ons ekonomie is dit feitlik onmoontlik om deur die krisis te probeer kom op enige ander manier as om bykomende skuld aan te gaan. Ekonome is al geruime tyd besorgd oor die land se skuldlas – en die nood het nou geskiedkundig ongekende afmetings aangeneem.

Staatsinkomste gaan baie minder wees – dalk selfs minder as beramings. Die hersiening van die begroting in Oktober sal meer feite wys. Gevaarlik naby aan die helfte van inkomste moet uit Sacu se doeanepoel inrol, en die bedrag kan uiteindelik ook minder wees.

Op sekere vlakke verdien die voormalige president van die sentrale bank krediet, hoewel sommige politieke gesange voortduur.

In reaksie op Covid-19 is meer as N$2,3 miljard reeds opsy geskuif buiten vir ooreengekome waarborge ten bedrae van nog N$2,4 miljard. Die koste is reusagtig, maar van dit broodnodig, byvoorbeeld die N$600 miljoen om alle skole en koshuise van water en ablusiegeriewe te voorsien. Of ekonomiese stimuleringsmaatreëls regtig genoegsame verskil gaan maak, moet nog gesien word.

Mnr. Shiimi se onderneming is welkom dat die staat nie weer agter wil raak met die betaling van rekeninge en belasting nie, hoewel N$1,2 miljard se BTW nog teruggegee moet word. Die amptenary sal die beloftes gestand moet doen.



So sê ander

27 Mei 2020



Dlamini-Zuma se twak oor tabak bly steeds nat



Min. Nkosazana Dlamini-Zuma se aandrang op die voortsetting van die verbod op die verkoop van tabakprodukte bring veel meer ter sprake as net 'n gesondheidskwessie.

Niemand kan betwis dat rook sleg vir jou gesondheid is nie. Die ­belangriker vraag is egter of daar wetenskaplike bewyse is dat rook die verspreiding van Covid-19 versnel.

Die tweede belangrike kwessie is dat dit ernstige vrae opper oor presies hoe die besluitnemingsprosesse van die nasionale bevelsraad werk. Nadat pres. Cyril Ramaphosa aanvanklik gesê het die verkoop van tabakprodukte sal toegelaat word, is hy in werklikheid gerepudieer.

Op vlak 3 is die verbod wéér gehandhaaf, maar tot vandag toe is daar nog geen behoorlike verduideliking oor presies hoe die ommeswaai gebeur het nie. Moet ons tevrede wees met Dlamini-Zuma se gebrabbel oor “die kollektief” wat geluister het na 2 000 mense wat gevra het die sigaretverbod moet bly? Presies wie is dié kollektief?

Wat van die honderdduisende mense wat gevra het dat die verbod opgehef word? Wat van die miljarde rande in broodnodige belastinggeld wat die regering verloor terwyl die smokkelaars, waarvan baie Zupta-bande het, se sakke ál meer bult?

Agter die “die kollektief” waar hier geskuil word, lê eerder die argaïese dwaling dat die president eintlik maar net die gewillige dienaar van die ANC-kollektief is.

• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!