Vesel gaan net su00f3 ver u2013 en 5G gaan jou nie red nie
Vesel gaan net su00f3 ver u2013 en 5G gaan jou nie red nie

Vesel gaan net só ver – en 5G gaan jou nie red nie

Sonder groot veranderinge sal vesel dalk nooit veel verder as die metropole vorder nie, meen ’n kenner.
William Horne – As daar nie ingryping van die regering kom om die grootskaalse uitbreiding van optiese vesel te ondersteun nie, sal talle Suid-Afrikaners “nooit betekenisvolle toegang tot die internet kry nie”.

So meen Jacques du Toit, uitvoerende hoof van Vox, wat sê die toekoms van hoëspoedinternet in die land, selfs van mobiele 5G, hang af van die uitbreiding van die vastelyn- breëband. Sonder groot veranderinge sal vesel dalk nooit veel verder as die metropole vorder nie.

Du Toit het in ’n onderhoud met Netwerk24 verduidelik dat veselinfrastruktuur basies so ver uitgebrei het as wat dit kan, en dat sowel die mark se breedte as pryse reeds ’n plato bereik het.

“Daar is twee maniere om die veselmark uit te brei,” sê Du Toit. “’n Mens kan die pryse afbring, wat reeds so ver gedaal het in die metropole waar vesel nou gevestig is dat ek dink daai pryse eintlik nou weer moet begin styg. Dis te goedkoop, en ons kan nie meer so uitbrei nie.

“Die tweede manier is om fisiek die infrastruktuur na meer gebiede te bring. Maar dis baie moeiliker, en tans bykans onmoontlik, om die sekondêre dorpe en stede van Suid-Afrika buite die groot metropole op ’n kostedoeltreffende manier te bedien.”

Volgens Du Toit is daar drie breë kategorieë van infrastruktuur by vesel betrokke. Binne stede soos Kaapstad en Johannesburg, waar vesel al gevestig is, is daar baie markspelers wat meeding vir die talle kliënte daar. Die geleentheid is groot genoeg dat vele maatskappye kan belê daarin om in infrastruktuur uit te brei en te bestuur. Tussen die metropoolgebiede is daar ook geleenthede, maar net sekere maatskappye het die vermoë om daar mee te ding.

Maar dit is vanaf dié hooflyne na sekondêre stede en dorpe waar niemand kan bekostig om te belê nie.

Du Toit sê daar is ’n eenvoudige oplossing om veselinfrastruktuur tot by plattelandse gemeenskappe te kry wat net die samewerking van die regering verg.

“In die ou dae het die voormalige Transtel en Eskom tegnologie gebou om hulle netwerke te bestuur en te monitor. Elke stasie, hetsy krag- of treinstasie, het ’n veselverbinding tussen hulle nodig gehad.

“Daar is vesel daar, steeds, tussen talle trein- en kragstasies wat effektief baie van die onbereikbare gemeenskappe verbind tot die hoof-, interstedelike veselinfrastruktuur,” verduidelik Du Toit.

“Ons as die mark sê die regering moet die waarde van daai bestaande eiendom ontsluit.”

Du Toit sê al is die infrastruktuur ietwat verouderd, verg opgradering eintlik net belegging in die tegnologie verwant aan die toestelle aan die punte van vesellyne.

“In vergelyking is daai kleingeld, en die bedryf sal bly wees om daarin te belê.”

Du Toit sê dit is die regering se “plig” om die waarde van dié infrastruktuur te ontsluit, want daarsonder sal derduisende mense nooit toegang tot die internet kry nie en agtergelaat word.

“Sonder internet kan mense selfs in Noupoort en Aliwal-Noord in dié dag en eeu niks doen nie,” waarsku Du Toit.

Die enigste ander opsies as die regering nie saamwerk nie, volgens Du Toit, is om te wag en te hoop dat satelliettegnologie vinnig genoeg ontwikkel en goedkoper raak of om in ondersese kabels langs die Suid- en Ooskus te belê. Maar die enorme koste hiervan maak dit hoogs onwaarskynlik.

“Ons kyk na alles. Maar as niks daarvan werk nie, dan gaan ons bedrywighede se fokus moet verskuif na die res van Afrika om ’n lewensvatbare sakemodel te verseker.”

5G gaan nie help nie

“Moenie dink dat 5G die sekondêre stede gaan uitsorteer nie, want 5G het vesel nodig om aan die internet te verbind,” waarsku Du Toit.

“5G is soos ’n hond sonder ’n blaf – dit gaan nog jare duur.”

Al wou die regering of bedryf 5G- mobiele internet gebruik om die sekondêre stede te bedien, sou dit nie werk nie, sê Du Toit. Dié hipermoderne nuwe selfoon-seinstandaard werk op beduidend hoër frekwensies, wat beteken dat die spoed van die datasein ook merkwaardig verbeter.

Maar die hoër frekwensie verkort ook die afstand wat die seine doeltreffend kan strek.

Om effektiewe dekking te verskaf, moet die meeste 5G-torings binne 90 m tot 200 m van die verbruiker wees, en hoewel die nodige belegging van soveel torings in areas soos Sandton sin maak, sê Du Toit, is dit net nie lewensvatbaar in gebiede met ’n lae bevolkingsdigtheid nie – al hét elke toring sy verbintenis tot die veselnetwerk gehad.

Die enigste deel van die 5G-spektrum wat dalk sou kon werk, is in die 800MHz-klas, maar daar is beperkte spasie in die deel van die spektrum, en volgens Du Toit het die onlangse mislukte spektrumveiling gewys dat die koste daarvan ook te hoog sal wees om dit doeltreffend landwyd in te span as alternatief tot ’n rigiede veselbreëbandnetwerk.

Du Toit waarsku ook selfs verbruikers in stede dat 5G nooit heeltemal die rol van vesel sal kan vervang nie.

“Ek kyk na vandag se gemiddelde huishouding van vier mense en daar is alreeds tussen 12 en 15 gekonnekteerde toestelle in totaal.

“Tablette, slimhorlosies en slimfone is almal gekonnekteer en bykans elke gesinslid het minstens een van elk in ’n huis. Dan is daar nog ’n paar rekenaars in die huis, ’n paar slim-TV’s, ens.

“En dit sal net meer raak, want al die nuwe huishoudelike toestelle, soos jou yskas en ketel, is nou aan die internet verbind.”

Du Toit sê ’n mens kan nie genoeg 5G-torings oprig, selfs in die metropole, om heeltemal te voorsien aan so ’n ongelooflike hoeveelheid konneksies nie. Elke torings kan net ’n beperkte getal konneksies hanteer.

“Dit gaan 5G opgebruik. Jou spoed sal net so na niks daal met daai hoeveelheid konneksies.

“Almal swem nou saam met die stroom, maar ons moet die regte probleme takel. Almal het internet nodig, en daar is maniere om die struikelblokke doeltreffend te oorkom.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%