Verwarring oor taxistaking
Verwarring oor taxistaking

Verwarring oor taxistaking

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Hoewel die president van die Namibië Vervoer- en Taxivakbond (NTTU), mnr. Werner Januarie, gesê het taxi’s gaan vandag staak, sê die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus en Taxivereniging (Nabta), mnr. Penadapala Nakathingo, sy vereniging ondersteun die staking nié.

“Ons is nie deel daarvan nie, dit is onwettig,” het Nakathingo gesê.

Januarie het egter gesê die vakbond gaan met die staking voort.

“Ons eis dat die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, ons oorkant die Windhoek-stadspolisie se hoofkantoor toespreek,” het hy gesê.

Kwessies wat aangespreek moet word, sluit in die verlaging van boetes vir taxi’s en die regering se erkenning van taxibestuurders se ontevredenheid, het Januarie gesê.

“Ons eis dat die ministerie so gou moontlik hierop reageer.”

Volgens Nakathingo het Nabta nie goedkeuring vir die staking gegee nie, hoewel hulle van die taxibestuurders se ontevredenheid bewus is.

“Die NTTU het nie ’n mandaat om te staak nie. As vakbond kan hulle slegs salarisse of ander voordele vir werknemers eis, maar niks anders nie," het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!