Verwarring oor Plaas 37 opgeklaar
Verwarring oor Plaas 37 opgeklaar

Verwarring oor Plaas 37 opgeklaar

Walvisbaai se dorpsraad het die gemeenskap ingelig oor die vele prosesse wat gevolg moet word om 'n woonbuurt tot stand te bring.
Otis Finck
Otis Finck op Walvisbaai

Teleurgestelde lede van die gemeenskap sê die Walvisbaai-munisipaliteit het hulle waningelig oor die proses betrokke by die aanskaf van Plaas 37 vir die totstandkoming van ‘n dorpsgebied en sê valse verwagtinge is geskep.

Volgens die lede was hulle onder die indruk die goedkeuring van Nampab (die Namibiese Raadgewende Beplanningsraad) sou onmiddellik die deur open vir toekenning van grond, voorsiening van dienste en konstruksie van huise op Plaas 37.

Die 2 000 hektaar stuk grond is oorkant die granietfabriek, in die omgewing van die Maxulili-monument en aangrensend aan die pad na die lughawe geleë.

Die adjunkburgemeester van Walvisbaai, me. Hilka Erastus, het lede van die gemeenskap verlede week tydens ‘n openbare vergadering oor Plaas 37 meegedeel dat die munisipaliteit die uitstaande prosesse so vinnig as moontlik sal afhandel.

“Die ontwikkeling van Plaas 37 is beslis op koers. Die munisipaliteit het die vorige week amptelike ministeriële goedkeuring van Nampab gekry en begin met die ontwerp en uitleg van die dorpsgebied, wat die volgende stap in die proses is. Sodra dit afgehandel is, sal die planne weer aan Nampab vir goedkeuring voorgelê word.

“Die sperdatum vir voltooiing kan enige iets tussen twee en vyf jaar wees en ons ondersoek maniere om die tyd te verkort. Een van die stappe wat oorweeg word om dit te verseker, is die moontlike vereniging van Nampab en die nedersettingsraad.”

Erastus het verduidelik die eerste fase van die proses, wat goedkeuring van Nampab vereis het en tot vyf jaar kon neem, is op ‘n vinnige trajek geplaas.

Sy het voorts gesê ‘n aantal ander prosesse moet steeds afgehandel word alvorens ontwikkeling kan begin. Dit sluit in goedkeuring deur die landmeter-generaal en die minister vir die opening van ‘n woonbuurt, publikasie in die Staatskoerant en ander kwessies soos onder meer wetlike formaliteite en konsultasie. Sy het die versekering gegee dit sal in minder as vyf jaar afgehandel wees. Uitstaande prosesse sal nie die totstandkoming van die beoogde Groen Nedersetting-dorpsgebied op Plaas 37 laat skipbreuk ly nie.

Walvisbaai se hoof uitvoerende beampte, mnr. Muronga Haingura, het gesê die dorpsraad sal die oorblywende prosesse wat vinniger en gesamentlik afgehandel kan word, identifiseer om die proses te bespoedig.

“Verskeie ministeries is geraadpleeg om vas te stel of die gebied geskik is vir die totstandkoming van ‘n dorpsgebied en ons het die groen lig gekry. Daar is egter nog ‘n reeks ander prosesse wat gevolg moet word. Ons moet nog geo-tegniese studies doen en vasstel hoeveel straatblokke om woonerwe te akkommodeer tot stand gebring kan word.

“Die teenwoordigheid van klip kan byvoorbeeld die ligging van die straatblokke bepaal en finansiële implikasies hê,” het Haingura gesê.

Die dorpsraad het ook ‘n onderneming gegee dat dit gemeenskapsvergaderings byeen sal roep en die hele proses vir die totstandkoming van dorpsgebiede sal verduidelik ten einde beter begrip te bewerkstellig en enige wanvoorstellings uit die weg te ruim.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56%