Verwarring oor Nimt-moorde
Verwarring oor Nimt-moorde

Verwarring oor Nimt-moorde

Die Namibiese polisie doen steeds 'n beroep op die publiek om “geloofwaardige inligting” te rapporteer, wat tot die inhegtenisneming van die oortreder(s) kan lei.
Erwin Leuschner op Swakopmund - Tien dae ná die moorde op die besturende direkteur van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt), mnr. Eckhart Mueller, en sy adjunk, mnr. Heimo Hellwig, het die polisie nog geen verdagte in hegtenis geneem nie.

Dit is gister deur komm. Andreas Nelumbo, die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Erongostreek, bevestig.

“Niemand is in hegtenis geneem, aangekla of ’n verdagte nie," het hy gister gesê.

Hy het hierdie verklaring gemaak twee dae ná die polisiewoordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi, vandeesweek amptelik aangekondig het 'n Nimt-dosent is in verband met die dubbele moord in hegtenis geneem en sou dieselfde dag in die Swakopmundse landdroshof verkyn.

Die dosent het toe nie op ’n klag van moord in die hof verskyn nie.

“Dit was moontlik ’n interne misverstand,” het Nelumbo gister gesê.

Volgens hom was mnr. Ernst Lichtenstrasser weens ’n beweerde “ander oortreding” in hegtenis geneem, waarvoor hy steeds in aanhouding is.

Lichtenstrasser is kort ná die moorde op Karibib in hegtenis geneem nadat hy in besit van twee .22-patrone gevind is, waarvoor hy glo nie toepaslike dokumentasie het nie.

Hy het Dinsdag voor die landdroshof op Karibib verskyn, waar hy borgtog geweier is.

Dít is egter buitengewoon gegewe die aard van die oortreding.

Of Lichtenstrasser 'n “persoon van belang” in die moordsaak is, wou Nelumbo nie sê nie.

“Daar is baie persone van belang wat ook ondervra is,” het hy gesê.

Nelumbo doen steeds 'n beroep op die Namibiese publiek om “geloofwaardige inligting” te rapporteer, wat tot die inhegtenisneming van die oortreder(s) kan lei.

“Ongelukkig is sekere inligting in die media gepubliseer wat nie daar versprei moes word nie,” het hy gesê.

Hy het nie verdere inligting verstrek nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!