'Verwag steeds die ongewone in 2017'

Trump, Zuma laat beleggers in 'n verknorsing

04 January 2017 | Ekonomie
“Ons moet leer om kompleksiteite te herken en te verstaan hoe dit ons kan pootjie,” waarsku Cees Bruggemans, raadgewende ekonoom van Bruggemans & Associates.

Onverwagte gebeure wat ons van baan laat verwissel, sal vanjaar steeds die wêreldekonomie oorheers, waarsku hy in 'n nuusbrief wat Maandag uitgereik is.

“Brexit was heeltemal onverwags, tog het dit 'n reuse-uitwerking gehad. Ná die uitslag in Junie was niks meer dieselfde nie, selfs al gaan dit 'n tydjie vir al die gevolge neem.”

Die optrede van politici soos Donald Trump en Jacob Zuma kan beleggers in 'n verknorsing laat oor onsekerhede en oor die keuses wat hulle moet maak.

“Om 'n oorsig te bied oor stelsels wat nie meer so doeltreffend werk soos dit moet nie – as dit ooit gewerk het – kan in tye wat bevolkings se verwagting­e styg daartoe lei dat die deksel van die drukkoker losskiet,” waarsku hy.

Die golf van populisme wat tans oor die wêreld spoel is 'n bewys daarvan dat die deksel begin lig nadat die ontevredenheid al lank aan die opbou is.

Hy verwys na die historikus-filosoof Alexis de Tocqueville, wat twee eeue tevore gesê het die Franse revolusie was net so onafwendbaar as wat dit onverwags was.

“Dís nou al 'n paar keer herhaal en ons sien 'n vars golf hier in ons eie tyd oorspoel.”

Oor die wyse waarop die Amerikaanse politieke verskuiwings die ekonomiese landskap kan verander, meen Bruggemans dat dit onwaarskynlik is dat dié land se grondwet sal faal of verander word. Die sleutelinstellings (onder meer reg en orde asook die ekonomiese stelsel) is gehard en langlewend.

“Maar Trump word gesien as die vaandeldraer van die agtergelate werkersklas in die VSA en iemand wat die bestaande bestel omverwerp. Die gevolge van sy beleidsverskuiwings kan selfs ons hier in Suid-Afrika bereik.”

Die probleem is egter dat dit steeds nie duidelik is hoe Trump twee maande ná sy verkiesing en drie weke voor sy inhuldiging die mandaat wat die kiesers aan hom gegee het sal uitvoer nie.

“Hy praat en twiet baie, maar in gesprekke voltooi hy byna nooit sy sinne nie, hy verskuif net sy gedagterigting en beweeg aan. Dis maklik om net geraas te maak.”

Dit is ekonomiese en maatskaplike kwessies soos werkloosheid en die herstel van sekerheid vir die middelklas wat Trump se volgelinge saambind, sê Bruggemans.

“Verminder buitelandse mededing­ing wat ons poste wegneem want ons vaardighede en tegnologie kan nie die pas volhou nie,” is wat dié kiesers vra.

Die oplossing is egter nie so eenvoudig soos om die hele konvooi skepe se spoed te verminder sodat die stadigstes kan byhou nie, waarsku Bruggemans.

“Die strukturele veranderings wat deur die vinnige groei van internasionale handel, migrasie en tegnologiese uitdagings genoodsaak word, verg eerder dat die ou skepe opgeknap moet word om by te bly sodat die konvooi se spoed hoër word.”

Hy verwag dat Trump eerder sal konsentreer op oplossings soos belastingvermindering en deregulering wat eerder die rykes sal bevoordeel, terwyl besteding aan infrastruktuur deur vennootskappe tussen private en openbare ondernemings bewerkstellig moet word. Perke sal op vrye handel en immigrasie geplaas word.

“Maatreëls soos hierdie sal die ekonomie stimuleer en vir 'n wyle beter resultate lewer, maar ons sal moet sien of dit werklik nuwe bronne van strukturele groei ontsluit.”

-Netwerk24

Soortgelyk

 

Kongokoors in Omaheke-streek aangemeld

3 ure gelede | Gesondheid

’n Bevestigde geval van Kongokoors is in die Omahekestreek aangemeld. Dit is pas deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike welsyn bevestig wat geen verdere...

Anatomie en patologie: van toeka tot nou

6 ure gelede | Gesondheid

Die nuwe Anatomie Opvoedkundesentrum van die Universiteit van Namibië se mediese skool huisves ’n skatkis van weefselmonsters en mediese toerusting waarvan sommige uit die vroeë...

Hardap-sluise wéér oopgetrek

6 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is vanoggend om 08:00 weer oopgetrek nadat dit ’n vlak van 75,9% bereik het. NamWater moet altesaam 11,500...

Susanne Hoff skuldig aan poging tot moord

9 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw - Die Windhoekse sakevrou Susanne Hoff (links op die foto) is vanoggend (Donderdag) in die streekhof skuldig bevind aan poging tot moord op...

Kwaai olifant druk man dood

20 ure gelede | Ongelukke

Des Erasmus'n Jong man van Otjihorongo,­ Lourens Hindjou (35), het Dinsdagaand gesterf nadat hy deur 'n olifant aangeval is. Die olifant het hom...

Koebaai wintertyd

20 ure gelede | Plaaslik

Estelle de Bruyn Daar's 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan.Sou 'n nuwe wetsontwerp op Namibiese tyd aanvaar word, sal wintertyd...

Weer, Donderdag 23 Februarie 2017

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele reën- en donderbuie in die Verre Noorde en Noordooste.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

Namibië voer die seekospape

20 ure gelede | Omgewing

Des Erasmus - Namibië kan ‘n spens van die wêreld se smulpape op die gebied van seekos word danksy broeikaste vir oesters en perlemoen wat...

Wêreldreisigers kies Namibië onder top-20

20 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg Namibië is wéér op 'n top-20-­reislys.Dié keer is die lys vir CNN Travel deur wêreldreisigers saamgestel. Die reiskundiges wissel van vlieëniers en fotograwe...