Vervoersektor onder loep
Vervoersektor onder loep

Vervoersektor onder loep

Die minister van werke en vervoer het Maandag die vervoerbedryf oor die kole gehaal.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het die afgelope week die vervoerbedryf gewaarsku om sy sokkies optrek.

Tydens 'n beraadslagende vergadering Maandagmiddag by die hoofkantoor van die ministerie het hy gesê dié byeenkoms is genoodsaak deur 'n behoefte om alle rolspelers te betrek.

Mutorwa het gesê die Namibië Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) wou hom spreek oor 'n aantal uitdagings wat hulle in die gesig staar. Die minister het gevolglik besef die hele sektor kan by 'n gesamentlike gesprek baat vind.

Die vervoerbedryf “is 'n baie belangrike sektor” en die regering se rol hou hoofsaaklik met regulering verband, het hy benadruk.

Die NTTU het op sy beurt by monde van sy stigter, mnr. Werner ­Januarie, geëis dat die huidige vervoerraad summier ontbind word. Dié raad is veral gemoeid met die uitreiking van openbare vervoerpermitte.

Januarie het voorts aangedring dat alle bestaande taxipermitte dadelik ongeldig verklaar word sodat daar opnuut na die omstandighede gekyk word waaronder dié dokumente uitgereik word.

NTTU beroep hom ook op die “­onmiddellike vermindering van ­verkeersboetes omdat hulle ongrondwetlik is”.

Mutorwa het vir Januarie voor stok gekry en gevra of hulle al die oën­skynlik ongrondwetlike gedeeltes van die bestaande vervoerwet aan 'n toets deur die hooggeregshof ­onderwerp het.

Dié hof dien onder meer die doel om te bepaal of wette aan die vereistes van die Grondwet voldoen.

Die minister het ook gesê sy ministerie se rol is nie om geskille tussen vervoerinstellings te besleg nie.

Wat hulle wél mag doen, is om die partye van raad te bedien.

Beweerde onredelik hoë boetes, wat volgens die NTTU die Grondwet ­ondermyn, word ingevolge die vervoerwet gehef.

'n Ander eis van die NTTU is die algehele hersiening van taxitariewe.

Hulle het in 'n stadium in Februarie vanjaar aanbeveel taxitariewe moet met minstens 20% verhoog word.

Mnr. Willem Goeieman, die permanente sekretaris in die ministerie, het by die geleentheid gesê die aanpassing van taxitariewe is die mandaat van die vervoerraad en nie direk dié van die ministerie nie. Dít kom ondanks die feit dat die raad regtens aan die ­minister verslag doen.

Verteenwoordigers van die raad het ook Maandagmiddag in die spervuur beland toe dit aan die lig gekom het hulle stel nie jaarverslae saam nie, omdat hul interpretasie van wetgewing hulle nie daartoe verbind nie.

Mutorwa het gelas hulle moet ­voortaan verslae oor hul werksaamhede saamstel wat hom vroeg­tydig moet bereik sodat hy dit aan die kabinet kan voorlê.

“Om verantwoordbaar te wees, móét daar verslae wees.”

Hy wil ook hê die raad moet inligting openbaar maak oor hoeveel permitte tans uitgereik is, sê Mutorwa.

Sy waarneming is dat ­voormalige ­politici en staatsamptenare tot 30 permitte per persoon het – volgens hom 'n toedrag van sake wat ­onaanvaarbaar en onvolhoubaar is.

Mutorwa het voorts te velde getrek teen verduidelikings dat 'n tekort aan geld die inwerkingstelling van baie vervoerprojekte kortwiek.

“Die kwessie van geld alleen is 'n flou verskoning.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!