Vervoerplan van N$12 miljard onder skoot
Vervoerplan van N$12 miljard onder skoot

Vervoerplan van N$12 miljard onder skoot

Daar is verskillende opinies oor die noordelike vervoerplan en of dit sonder groot uitdagings geïmplementeer kan word.
Francoise Steynberg
Kenya Kambowe - Kommer is laas week tydens die finale aanbieding van die langverwagte vervoerplan vir die vier noordelike streke uitgespreek, ook dat dié multimiljard-projek 'n gebrek aan betekenisvolle, openbare konsultasie toon.

Die aanbieding het by Oshikango in die Ohangwenastreek plaasgevind. Leiers van plaaslike en streekower­hede, die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, en die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, wou meer duidelikheid hê oor die plan wat daarop gemik is om vervoerverwante uitdagings in die vier streke op te los.

Die meestervervoerplan, wat twee jaar geneem het om te ontwikkel, is 'n inisiatief van belanghebbendes wat spruit uit besprekings in 2014 oor die vervoerbehoeftes van Oshana, Ohangwena, Oshikoto en Omusati.

Die doelwit van die beoogde meesterplan van 20 jaar is om ooreen te stem met die regering se doelwitte vir die verbetering van paaienetwerke in Namibië, met die spesifieke fokus op toeganklikheid, mobiliteit en ­verbinding.

Tydens die aanbieding is aangedui mense moet vergoed word wat op padreserwes gebou het, wat !Naruseb bekommer.

“As dit die geval is, gaan meer mense bouwerk op padreserwes doen net om vergoeding te kry,” het hy gesê.

Shaningwa het gevra of konsultasies gedoen is oor watter ooreenkomste bereik is en aangedui dat die regering nie die finansiële kapasiteit het om vergoeding op groot skaal uit te voer nie.

“Wanneer 'n mens van Omuthiya af reis, kan jy vaste bates opgerig op die padreserwes sien. Daarom vra ek of daar konsultasies was. Dit is baie belangrik,” het Shaningwa gesê.

Die uitvoerende hoof van die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF), me. Rosalia Martins-Hausiku, het gesê dié organisasie is tydens die opstel van die meesterplan uitgesluit. Sy het bygevoeg dat inligting in die plan oor veiligheid en die oorsake van ongelukke nie akkuraat is nie.



VOORSTELLE

Een van die voorstelle in die plan is om met grondpaaie weg te doen.

Die goewerneur van die Ohangwenastreek, mnr. Usko Nghaamwa, het gesê dit sal verkeerd wees, want dit speel 'n belangrike rol in die daaglikse lewe van die mense van sy streek. Hy het gesê alhoewel swak materiaal gebruik is om grondpaaie in die streek te bou, moet die paaie behou word.

“Grondpaaie is baie belangrik, want dit maak dit makliker vir my mense om toegang tot belangrike plekke te hê. Daarom stel ek voor dat grondpaaie nie mee weggedoen of gesluit moet word nie,” het Nghaamwa gesê.

Ander leiers van plaaslike en streek­owerhede het ook hul kommer in dié verband uitgespreek. Mnr. Lemmy Mutonga, adjunkdirekteur van vervoer, het gesê daar is nie ruimte vir veranderinge aan die dokument nie.

Mutonga het gesê indien daar enige weglatings was, dit reggestel sou word. Ook dat sommige bekommernisse deel is van die dokument se aanbevelings, maar dit moet eers bestudeer word alvorens die kabinet dit sal goedkeur.

Die dokument is aan die ministerie oorhandig van waar dit na die kabinet gestuur word.

Die omvangsbepaling van die meesterplanprojek is deur die Duitse regering se ministerie van ekonomiese samewerking en ontwikkeling asook die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) gefinansier.

Dit kom maande nadat die Windhoekse munisipaliteit sy projek-busvervoerstelsel weens operasionele uitdagings opgeskort het. Die stad het nuwe busroetes op 14 November 2016 bekend gestel, maar dit is nie deur passasiers verwelkom nie omdat hulle nie van die roeteveranderinge ingelig was nie.

Die munisipaliteit het beloof om vanjaar 'n verbeterde stelsel in te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107