Vervoer-SOEu2019s stil oor salarisinperkings
Vervoer-SOEu2019s stil oor salarisinperkings

Vervoer-SOE’s stil oor salarisinperkings

Anders as in die private sektor is salarisbesnoeiings skynbaar nie deel van staatsondernemings se besparingsmodelle nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië se drie staatsondernemings (SOE’s) vir die vervoer- en logistiekbedryf het gister tydens ’n bespreking oor die impak van die pandemie op hul bedrywighede, ’n vraag ontwyk oor of salarisinperkings een van die wyses is waarop hulle koste besnoei.

Dié vorm van besnoeiing is een van die besparingsmaatreëls wat maatskappye in die private sektor oorweeg om ondergang te voorkom.

Die grootbase van Air Namibia, TransNamib en NamPort het by die daaglikse Covid-19-gesprek in Windhoek uitgebreid vertel hoeveel hulle operasionele bedrywighede ingeperk is.

Nie die waarnemende bestuurder van Air Namibia, mnr. Elia Erastus, die waarnemende hoof uitvoerende beampte van NamPort, mnr. Kavin Harry, of die hoof uitvoerende beampte van TransNamib, mnr. Johnny Smith, het egter die media se vraag oor of na verkleinde salarisse gekyk word om koste te besnoei, beantwoord nie.

Erastus het gesê Air Namibia se inkomste is weens die reisverbod “basies zero”, terwyl Kavin sê NamPort se operasionele bedrywighede het gekrimp tot 50% van die kapasteit.

Volgens Smith het die inperkingsmaatreëls TransNamib se bedrywighede met 60% afgeskaal. Hy het gesê die nasionale spoorkarweier probeer finansieel “neus bo die water hou” en beoefen sosiale afstand tussen werknemers deur net een skofgroep van tien of minder mense op ’n slag te laat werk.

Smith sê aangesien net noodsaaklike goedere per pad vervoer word en vliegtuie nie vliegtuigbrandstof benodig nie, is die brandstofverbruik in die land baie laag. TransNamib vervoer dus in die inperkingstyd nie naastenby die hoeveelheid brandstof met treine wat hy normaalweg doen nie.

Harry sê NamPort het net drie van die elf dokke tans in gebruik. Hulle fokus ook net op sekere tipes vrag. Hy vrees egter die hawe kan só deur vrag oorlaai word wanneer die inperkings gelig word, dat dit nie die druk sal kan hanteer nie.

Erastus sê Air Namibia het na ’n drie jaar-sakeplan vir sy oorlewing gekyk, maar weens die pandemie moet dit aangepas word.

Verhoogde vlugfrekwensies in die streek is volgens hom een van die redery se planne vir oorlewing in die toekoms.

Hy sê Air Namibia gaan reeds van volgende week af advertensies oor die planne vir binnelandse vlugte publiseer. Hy sê dit sal geskied in pas met “wat die president (Hage Geingob) oor die uitfasering van die inperkingsmaatreëls gaan aankondig".

’n Ontledingsdokument wat verlede jaar deur die voormalige minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, aan die kabinet voorgelê is oor Air Namibia kritieke finansiële situasie, toon die regering het in die 20 jaar tussen 1999 en 2019 ’n onvolhoubare N$8,3 miljard in die nasionale rederye gepomp.

“Hoe gouer Air Namibia gelikwideer word, hoe beter,” was sy aanbeveling.

Volgens ’n ingeligte bron in die lugvaartbedryf beloop Air Namibia se lopende uitgawes meer as N$100 miljoen per maand.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%