Vervaardiging: Eskom, stakings kan 2019 knou

Sakevertroue bly swak

14 January 2019 | Afrika
Hanlie Stadler - Suid-Afrika se vervaardigingsektor strompel voort, maar dit wil voorkom asof dit in 2018 teen die vinnigste koers in vyf jaar gegroei het.

Nietemin is vervaardigers diep bekommerd. Eskom se probleme om krag te verskaf en gewelddadige stakings is van die faktore wat die sektor in 2019 kan belemmer.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) was produksie volgens volume in November 2018 1,6% hoër as in November 2017. Vir die eerste 11 maande van 2018 was produksie 1,3% hoër.

Indien Desember se syfers op dié vlakke bly, sal dit die beste groeikoers sedert 2013 se 1,3% oplewer.

In die laaste vier jaar het vervaardiging bykans stilgestaan, met groei van 0,1%, 0% en 0,7% in 2014, 2015 en 2016 en ’n inkrimping van 0,5% in 2017.

Kos- en drankproduksie, wat die grootste gewig in SSA se indeks het, het in November op ’n jaargrondslag met 5,2% gegroei en motor- en onderdelevervaardiging met 6,2%.

Die groei is in dié maand deur ’n daling van 1,7% in basiese yster- en staalvervaardiging afgerem.

VERVAARDIGINGSEKTORE

Vyf uit die tien oorhoofse vervaardigingsektore het in dié maand gegroei.

Lara Hodes, Investec-ekonoom, sê vervaardiging bly onder druk omdat die plaaslike vraag swak is.

“Bedryfsprobleme, veral kragtekorte en hoër insetkoste, is steeds ’n demper. Tesame met ’n wêreldwye verlangsaming in die groei in uitvoerbestellings kan dit groei in die sektor aanhou kniehalter.”

Die Nedbank-ekonome Nicky Weimar en Dennis Dykes voorspel dat vervaardiging in 2019 matig beter sal vaar, maar daar is ook groot risiko’s wat groei kan onderdruk.

“Uitvoergerigte bedrywe behoort voordeel te trek uit matige groei in die wêreldekonomie en bestendiger hulpbronpryse, terwyl bedrywe wat op plaaslike vraag staatmaak ook effens beter behoort te vaar.”

Laasgenoemde is danksy ’n matige verbetering in verbruikersvertroue, wat huishoudings dalk meer kan laat bestee.

Omdat sakevertroue swak bly, gaan maatskappye steeds min kapitaalprojekte begin, wat vervaardigers vir dié projekte onder druk sal hou, volgens Nedbank.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het Donderdag bekend gemaak dat sakevertroue in Desember ’n trae 95,2 punte was, wat 1,2 punte laer as einde 2017 is.

MOONTLIK NOG ’N DROOGTE

Eskom se probleme om krag te voorsien bly ’n probleem vir vervaardigers, en baie firmas is ook bekommerd oor die risiko van arbeidsonrus in 2019.

Landbouvervaardigers kan geraak word deur die moontlikheid van nóg ’n droogte, sê Nedbank.

Wat uitvoer betref, sal onsekerheid voortduur oor die moontlike verlangsaming in China, proteksionisme in die VSA en elders, en die styging in Amerikaanse rentekoerse, maar Nedbank sê daar is reeds tekens dat die risiko’s opgelos gaan word.

China het byvoorbeeld sy monetêre beleid verslap om die ekonomie te help en dit lyk asof die handelsoorlog tussen die VSA en China beredder gaan word.

Daarby het die Federale Reserweraad Woensdag sy notule vir die Desember-vergadering uitgereik, waarin daarop gesinspeel word dat rentekoerse stadiger gaan styg. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

21 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

21 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

21 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

21 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

21 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

21 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...