Vervaardigers trotseer beurtkrag op soek na keerpunt

Drie grootste kategorieë tel kop op

13 May 2019 | Ekonomie
William Horne– Suid-Afrika se vervaardigingsektor het in Maart kop bo water begin hou ten spyte van onder meer die uitwerking van fase 2 tot 4-beurtkrag en kwynende sakevertroue.

Produksie volgens volume het in Maart vergeleke met Februarie vir die eerste keer dié jaar op ’n maandgrondslag positiewe groei van 0,8% aangeteken, volgens syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag uitgereik het.

Dit is ook die hoogste maandelikse groeisyfer sedert Oktober 2018.

In Februarie was maandgroei -2% en in Januarie -2,6%.

In die drie maande tot einde Maart het die heersende afwaartse tendens wel nog nie heeltemal omgeswaai nie, met ’n daling van -2,4% teenoor die vorige kwartaal. Dit is dié syfer wat ’n rol gaan speel wanneer ekonomiese groei bepaal word.

Die land se drie grootste vervaardiging-kategorieë is besig om effens kop op te tel.

· Kosproduksie (verkope van R1,42 miljard tussen Januarie en Maart 2019)

· Yster- en staalproduksie (R1,33 miljard)

· Petroleum-, chemikalie-, rubber en plastiekproduksie (R1,23 miljard)

Kosproduksie het met 1% toegeneem, yster- en staalproduksie met 3,2% en petroleum- en chemikalieproduksie met 7%.

Gesamentlik het dié subsektors se verbetering 2,5 persentasiepunte se groei bygedra tot die jaargroei van 1,2% in vervaardigingsproduksie.

Aan die negatiewe kant het die produksie van petroleum- en chemiese produksie in die kwartaal met 3,8% gedaal, motorvervaardiging met 6% en hout en houtverwante produksie met 3,6%.

Absa se aankoopbestuurdersindeks (PMI) het in Maart op 45 punte gestaan. Dit bly egter onder die gesogte vlak van 50 punte, wat beteken die bedryf groei steeds nie. Die gemiddelde vir die hele eerste kwartaal staan op 47 punte.

Die PMI, wat deur die Buro vir Ekonomiese ondersoek van die Universiteit Stellenbosch saamgetel word, was laas in Desember bo 50 punte, ’n vlak wat sou dui op beter vooruitsigte vir groei. – Netwerk24

Soortgelyk

 

2%: Regering soek minstens halfmiljard

2 ure gelede | Regering

Sou staatsamptenare instem om eenmalig 2% van hul maandelikse salarisse aan die regering te skenk, sal dié 117 000 werkers vir tussen N$500 miljoen en...

Heldebegrafnis vir Iyambo

5 ure gelede | Mense

Denver Kisting – Dr. Nickey Iyambo, Namibië se ontslape eerste visepresident, gaan volgende Saterdag ’n heldebegrafnis ontvang.Volgens dr. Alfredo Hengari, woordvoerder van pres. Hage Geingob,...

President neem Nanso-handves in ontvangs

9 ure gelede | Onderwys

Me. Ester Simon, die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) se president, het gistermiddag ʼn afvaardiging op besoek aan pres. Hage Geingob by Staatshuis gelei.Die doel van...

Regering staan bakhand vir 2% van almal

20 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die regering wil hê elke werkende Namibiër moet eenmalig 2% van sy maandelikse basiese salaris skenk.Luidens ’n gelekte brief wil die regering...

Beste maatjies

20 ure gelede | In beeld

Melba van Wyk het dié foto van Bollie die baba- vlakhasie en Bow-Bow die drie dae oue hondjie op die plaas Kujeka buite Rehoboth geneem.

N$2 miljoen vir tuisbly

20 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Met ’n maandelikse pakket van meer as N$180 000 het mnr. Abraham Kanime meer as N$2 miljoen sedert Maart verlede jaar ontvang.Hy...

Droogte suig damme, riviere leeg

20 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die ernstige droogte waaronder Namibië tans gebuk gaan, is ook duidelik in rivier- en damvlakke te bespeur, met veral riviere wat vanjaar...

Oudminister uit op N$20 000 se borgtog

20 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die beweerde bedrog waarby die oudadjunkminister van grondhervorming, mnr. Theo Diergaardt, betrek word, het glo reeds in 2013 plaasgevind. Diergaardt (48), ’n...

Weer vir 23 Mei 2019

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n paar buie oor die sentrale hoogland en westelike platorand, maar mooi weer en baie warm...