Versperring pootjie onwettige U-draaie
Tans word ’n versperring van houtpale op die snelweg tussen Windhoek en Okahandja opgerig. Die toetsdeel is vanaf Döbra tot by Bokomo wat 11 kilometer lank is en onwettige U-draaie onmoontlik maak. Die uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), mnr. Conrad Lutombi, het in Januarie, met die opgradering van Fase 4a van die projek, gesê die versperring gaan opgerig word. Die versperring sal vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako tot in Okahandja strek. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie