Versorging nu00e1 oorplanting u2018boulu2019 gesin uit
Versorging nu00e1 oorplanting u2018boulu2019 gesin uit

Versorging ná oorplanting ‘boul’ gesin uit

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Hoewel dit goed gaan met ’n Namibiese seuntjie wat verlede jaar ’n nieroorplanting in Suid-Afrika ondergaan het, is sy gesin “uitgeboul” deur die koste van sy versorging.

Julian Rittmann, wat Denys-Drash-sindroom het, het verlede jaar ‘n nieroorplanting in Johannesburg ontvang.

Sy ma, me. Agnes de Waldt, sê: “Hy was ná die nieroorplanting amper elke maand in die hospitaal. Julian is ook met abnormale geslagsorgane gebore, wat herstel is toe hy nog baie jonk was. Dit veroorsaak herhaalde blaasinfeksies.”

Volgens haar kan dié situasie hopelik finaal deur ‘n uroloog in Windhoek hokgeslaan word, maar Julian moet steeds vir gereelde opvolgbesoeke na Johannesburg reis.

“Die nuwe nier vaar baie goed en is gesond. Julian is ook baie gelukkig omdat hy terug skool toe is.”

‘n Trustfonds is vir Julian gestig om met sy mediese uitgawes te help.

Die trustees is eerwaarde Collin Engelbrecht en me. Annastatia Najatana.

Enigiemand wat ‘n bydrae tot die trustfonds wil lewer, kan van die volgende besonderhede gebruik maak:

Julian Rittmann Trust: Nedbank, Rehoboth-tak, takkode 461027, reknr. 11990190862.

Kontak Agnes by [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!