Verslag uit oor vliegongeluk wat ervare vlieëniers eis
Die vliegtuigongeluk waarin drie van Namibië se mees ervare vlieëniers op 29 Januarie verlede jaar tydens 'n opleidingsvlug naby die Hosea Kutako Internasionale Lughawe gesterf het, is waarskynlik veroorsaak deurdat die vlieënier die enjin op 'n te lae hoogte laat stol het.
Volgens die verslag deur die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke oor die redes waarom die Cessna 425 neergestort het, is die enjin op 'n te lae hoogte afgeskakel. Dit is gedoen as deel van 'n opleidingsmaneuver.
Aan boord van die vliegtuig van Eros Air was die hoofvlieënier Uwe Herbert (63), Fritz Alpers (41) en Ole Friede (43). Alpers, wat vir Air Namibia gevlieg het, was die eksaminator.
Intussen het die polisie vandag bekend gemaak dat 'n 300C-helikopter met die registrasienommer HEH Paasvrydag op die plaas Môrester in die Kalahari neergestort het.
Die 27-jarige vlieënier het ernstige kopbeserings opgedoen, terwyl 'n 29-jarige passasier ook beseer is.
Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. Die name van die vlieënier en die passasier is nie bekend gemaak nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie