Verslag: Polisieselle oorvol, vervalle en vuil

Slegs 'n handjievol polisiekantore is in 'n goeie toestand aangetref, insluitend die Gobabis-gevangenis en die kantoor op Oranjemund.
Yandi Du Plessis
Jana-Mari Smith



Die kantoor van die ombudsman se jaarverslag vir 2020 vermeld dat baie Namibiese polisiekantore oorvol en in 'n slegte toestand is.

Die verslag, wat verlede Maandag uitgereik is, toon die ombudsman se kantoor het verlede jaar altesaam 2 590 individuele klagtes en versoeke om inligting of raad hanteer – 613 minder as 2019.

Benewens die hantering van inkomende klagtes, het dié kantoor ook hul eie ondersoeke en inspeksies van stapel gestuur, waaronder inspeksies van die aanhoudingsgeriewe by ver­skeie polisiekantore.

Een van die ondersoeke wat suksesvol afgehandel is, se fokus was op die jaarlange gebrek aan lopende water vir gevangenes wat by die Omungwelume-polisiekantoor aangehou is.

“Gevangenes het water uit 'n buitekraan in 2 liter-plastiekbottels getap om te drink, hulself te was en om toilette te spoel,” lui die verslag.

Nadat die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit 'n versoek om die saak dringend te ondersoek geïgnoreer het, is regstappe geneem.

“Die saak is buite die hof geskik en die ombudsman is meegedeel die gebreke is herstel,” lui die verslag.



BEKNOP

Besoeke aan die polisieselle het inspeksies rondom die toepassing van Covid-19-beskermingsprotokolle, om na die gevangenes se klagtes te luister en inspeksies van die toestand van oorlading en die selle ingesluit.

Ten tyde van die inspeksie verlede jaar het die Okahao-polisiekantoor 110 gevangenes gehuisves in 'n kantoor wat 45 mense kan akkommodeer.

“Dit is 'n ernstige probleem, aangesien die higiëne in die selle en van die gevangenes in gedrang gestel word,” lui die verslag.

Die Omuthiya-polisiekantoor het ten tyde van die inspeksie 307 gevangenes gehuisves, ondanks die feit dat dit slegs 150 mense kan akkommodeer. Die polisiekantoor op Tsumeb was oorvol met meer as dubbel die kapasiteit. Tydens die besoek was 111 gevangenes in aanhouding terwyl die selle slegs 42 gevangenes kan huisves.

By navraag is die ondersoekspan deur die waarnemende bevelvoerder van die polisiekantoor ingelig die oorbevolking is die gevolg van die “hof se weiering om borgtog en sommige gevangenes se onvermoë om borgtog te bekostig. Hy het ons verder meegedeel die kantoor het 'n personeeltekort – met slegs een institusionele werker wat nié oor naweke werk nie.”

Oshakati was net so oorvol, met altesaam 202 gevangenes ingeprop in selle wat vir 130 mense bedoel is.

Daarbenewens het die stasiebevelvoerder bevestig die gevangenes ontvang daagliks slegs twee maaltye in plaas van drie weens 'n gebrek aan voedselvoorraad.



VERVALLE

Die Aus-polisiekantoor is in 'n “betreurenswaardige toestand aangetref. Die infrastruktuur is oud en stukkend,” lui die verslag.

Dit het destyds egter slegs ses gevangenes gehuisves, met 'n kapasiteit vir 36.

Met 'n handjievol uitsonderings, is baie van die polisiekantore wat deur die kantoor van die ombudsman ondersoek is, beskryf as erg vervalle en ongeskik om mense te huisves.

Die toestand van die aanhoudingselle op Grootfontein is beskryf as “ongeskik vir menslike bewoning, aangesien die meeste toilette en storte buite werking is. Die selle was vuil en oorvol.”

Ten tyde van die besoek aan die Epukiro-polisiekantoor, het die span selle aangetref wat “vervalle en ongeskik vir menslike bewoning” was. Twintig gevangenes is destyds daar aangehou.

Die stasiebevelvoerder het glo gekla dat daar nie genoeg personeel was nie.

Op Otjiwarongo is 'n ernstige tekort aan toiletpapier aangemeld, met gevangenes wat gedwing is “om van koerante gebruik te maak, en dié koerante het die dreineringspype laat verstop”.

“Die meeste selle se toilette en storte was gebreek, en 'n aantal ligte in die selle het nie gewerk nie.”



KAKKERLAKKE

Op Leonardville het die ondersoekspan toilette wat nie behoorlik funksioneer nie en “insekte wat oral in die selle gesien kan word” aangetref.

Op Gobabis was die selle “duidelik oorvol en vuil en het dit gewemel van kakkerlakke en ander insekte”.

'n Meer as twee maande lange tekort aan toiletpapier by Otavi het 'n direkte versoek van die ombudsman se kantoor aan die polisie se streekhoofkwartier tot gevolg gehad. Volgens die verslag is 'n honderd rolle toiletpapier 'n week later spoedig by die polisiekantoor afgelewer.

Baie polisiekantore het aangemeld hulle het nie genoeg gloeilampe nie, wat hulle dwing om gevangenes snags in die donker te hou.

Slegs 'n handjievol polisiekantore is in 'n goeie toestand aangetref, insluitend die Gobabis-gevangenis wat “netjies” was, en die kantoor op Oranjemund wat “skoon” was en waar “geen klagtes van die gevangenes ontvang is nie”.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%