Verslag: Eskom vergiftig SA se lug
Verslag: Eskom vergiftig SA se lug

Verslag: Eskom vergiftig SA se lug

’n Nuwe internasionale verslag toon dat Eskom by bykans al sy steenkoolkragstasies die lugbesoedelingsperke oorskry.
Francois Williams – Asof Eskom nie genoeg bedryfs- en geldprobleme het nie, kry hy nou ook die wind van voor van omgewingsgroepe oor sy beweerde lugbesoedelingsoortredings.

’n Nuwe internasionale verslag toon dat Eskom by bykans al sy steenkoolkragstasies die lugbesoedelingsperke, wat deel van sy lisensievoorwaardes is, oorskry.

Luidens die verslag, wat deur internasionale kundiges in opdrag van die Life After Coal-veldtog opgestel is, het Eskom se steenkoolkragstasies in die 21 maande tot Desember 2017 die lisensievoorwaardes vir die lugbesoedelingsperke byna 3 200 keer oortree.

In ’n mediaverklaring deur die Sentrum vir Omgewingsregte, een van die deelnemers aan die Life After Coal-veldtog, is hierdie oorskryding nie alleen onwettig nie, maar dit beteken ook dat Eskom ’n gesondheidsgevaar veroorsaak en die menseregte aantas van miljoene wat deur sy besoedeling geraak word.

Dr. Ranajit Sahu, ’n Amerikaanse kundige oor steenkoolkragstasies, het die verslag opgestel op grond van Eskom se eie maandelikse verslae oor die emissies by sy steenkoolkragstasies wat hy aan die owerhede moet voorlê.

Hierdie uitlatings verwys na swaeldioksied, stikstofoksiede en stofdeeltjies wat as en roet insluit.

Die kragstasies met die meeste oorskrydings van die lisensieperke was Lethabo, Matla, Matimba en Kriel.

Die kragstasies met die meeste oorskrydings wat stofdeeltjies betref, was Grootvlei (met by tye soveel as 15 keer meer besoedeling as die toegelate perk), Kriel (met tye soveel as ses keer soveel besoedeling as die perk) en Duvha en Lethabo (albei by tye soveel as vyf keer soveel besoedeling as die perk).

Die regering het al in Maart 2010 minimum standaarde vir uitlatings vasgestel waaraan Eskom moet voldoen, maar volgens die Sentrum vir Omgewingsregte het die kragverskaffer in Januarie vir die vierde keer gevra vir meer tyd om aan die standaarde te voldoen.

In sommige gevalle het Eskom glo toestemming om kwytskelding van die minimum standaarde gevra, wat die oorblywende leeftyd van sekere van sy oudste en mees besoedelende kragstasies betref.

Talle van Eskom se lisensievoorwaardes wat minimum standaarde betref, is reeds afgewater nadat die departement van omgewingsake reeds voorheen toegewings aan Eskom gemaak het, aldus die Sentrum vir Omgewingsregte.

Boonop is Suid-Afrika se minimum standaarde veel laer as dié in ander ontwikkelende lande soos China, Indië en Indonesië.

Die Life After Coal-veldtog raam dat die lugbesoedeling deur Eskom se steenkoolkragstasies al tot die voortydige dood van meer as 2 200 mense per jaar gelei het en tot duisende gevalle van longontsteking en asma.

Dit kos Suid-Afrika meer as R33 miljard per jaar aan mediese uitgawes en verlore werkdae.

“Uit die data blyk dit Eskom hanteer die perke op sy luggehalte-permitte as opsionele teikens. Watter besoedelingsbeheer hy ook al het – dit werk nie, óf daar word niks gedoen om dit te láát werk nie,” sê Sahu.

Eskom is boonop geheimsinnig oor sy besoedelingsgeskiedenis en baie langtand om die inligting te deel.

Watter besoedelings-beheer hy ook al het – dit werk nie, óf daar word niks gedoen om dit te láát werk nie.

Sahu

Die Sentrum vir Omgewingsregte moes in Julie 2017 die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gebruik om insae in Eskom se maandelikse verslae te kry. Die meeste van dié verslae is eers in Januarie 2018 ontvang nadat Eskom eers geweier het om die verslae bekend te maak.

Die Life After Coal-veldtog het die bevindings van die jongste verslag in Oktober 2018 aan die departement van omgewingsake asook aan provinsiale en munisipale lisensiëringsowerhede bekend gemaak. Daar is ook aan die parlement se portefeuljekomitees oor omgewingsake en gesondheid oor Eskom se besoedeling verslag gedoen.

Robyn Hugo, hoof van besoedeling en klimaatsverandering van die Sentrum vir Omgewingsregte, sê die oortreding van luggehaltepermitte is ingevolge die Wet op Luggehalte strafregtelike oortredings. Eskom en sy direkteure kan ’n boete van R5 miljoen of gevangenisstraf van tot 5 jaar per oortreding kry.

Die nasionale omgewingsbestuurswet vereis boonop dat Eskom redelike stappe moet doen om besoedeling te voorkom en sy atmosferiese uitlatings te beperk. Indien dié plig versuim word, is dit ook ’n oortreding en kan Eskom en sy direkteure ’n boete van R10 miljoen of 10 jaar gevangenisstraf opgelê word, sê Hugo.

Desnieteenstaande tree die owerhede nie teen Eskom op nie.

Sahu meen dat die departement van omgewingsake en die lisensiëringsowerhede in effek die gesondheidsimpak van die hoë vlakke van besoedeling ignoreer.

“Ek is verbaas dat die reguleerders, wie se verantwoordelikheid dit is om teen oorskrydings op te tree, nie enige stappe doen nie en dit lyk asof hulle nie eens na Eskom se verslae oor sy uitlatings kyk nie.”

Hy het Eskom betrap wat verskeie maande ’n identiese uitlaatverslag vir dieselfde kragstasie uitgereik het.

Thomas Nguni, gemeenskapskampvegter vir die organisasie groundWork, sê Eskom se “misdadige gedrag” mag nie ten koste van die gesondheid van die mense van Mpumalanga, Gauteng, Vrystaat en Limpopo voortgaan nie.

“Die krisis by Eskom bied ’n geleentheid vir ’n nuwe energiestelsel wat goedkoop elektrisiteit opwek op ’n manier wat nie ons mense vergiftig nie,” het Nguni gesê.

Eskom het intussen by herhaling gesê sy kragstasies voldoen wel aan hul lisensievoowaardes.

Eskom het ook verlede week in reaksie op Sahu se verslag gesê dat sy kragstasies in die algemeen aan die voorwaardes vir sy atmosferiese uitlaatlisensies voldoen. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56%