Verslag deurspek met u2018misleidingu2019
Verslag deurspek met u2018misleidingu2019

Verslag deurspek met ‘misleiding’

Die bewaringsgebiede is gegrief oor die doelbewuste gebruik van die uitdagings wat hulle in die gesig staar as ’n manier om bewaringspogings te misken of gering te skat.
Sanet de Waal
Ellanie Smit

Kommunale bewaringsgebiede in Namibië het ’n ondersoek deur twee omgewingsjoernaliste na die land se bewaringsprogram veroordeel en gesê die feite is verdraai om hul eie agenda te dryf en dat dit oneties en onwettig uitgevoer is.

Dit is volgens ’n verklaring onderteken deur sewe bewaringsgebiede wat genoem word in ’n ondersoekverslag wat deur dr. Adam Cruise en Izzy Sasada gedoen is oor die Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuurprogram (CBNRM).

Die verslag is gepubliseer ná 'n twee maande lange ter plaatse ondersoek en besoeke aan 29 omgewingsbewaringsgebiede oraloor Namibië. Die verslag, Investigation in Namibia’s conservation model, beweer die sukses van bewaring in die land en die ekonomiese voordele vir arm landelike gemeenskappe is grootliks 'n versinsel.

“Dié joernaliste het ons bewaringsgebiede binnegegaan en met mense gepraat sonder om 'n navorsingspermit van die regering te bekom, of selfs ons kantore van hul voornemens in te lig. Diegene van ons wat kan onthou dat ons met hulle gepraat het en in hul verslag aangehaal is, is verkeerdelik aangehaal. Ons stellings is uit verband geruk en is gebruik om 'n storie oor Namibië te vertel wat onwaar is,” sê verteenwoordigers van die bewaringsgebiede.

Die verklaring is deur die Kavango-Oos- en Wes-bewaringsgebiede en die vereniging van gemeenskapsbosbou, die vereniging van die Kunene-gemeenskapsbewaring, die vereniging van die Kunene-Suid-bewaringsgebied, die Zambezi-voorsittersforum, die Nyae Nyae- en die N?a Jaqna-bewaringsgebied onderteken.

“Terwyl hulle in Namibië was, het Cruise en Sasada misleiding en bedrog gebruik om hul onderhoude te bekom, en nadat hulle ons woorde sonder ons toestemming gesteel het, gebruik hulle hul verslag om ons in onderdanigheid in te boelie. Maar ons sal by ons doelwit van volhoubare landelike ontwikkeling staan; ons is trots op ons bewaringsprestasies.”

Die verteenwoordigers het almal die metodes en die uitkomste van die verslag veroordeel en gesê die skrywers en die organisasies wat die navorsing gefinansier het, het Namibiese wette verbreek en uiterste oneerbiedigheid teenoor landsburgers en hul regte getoon.

“Die CBNRM is ’n kritieke meganisme om natuurbewaring met landelike lewensbestaan en ontwikkelingsbehoeftes te verbind. Ons is dus gegrief oor die doelbewuste gebruik van die uitdagings wat ons in die gesig staar – insluitend wydverspreide armoede, erge droogtetoestande en mens-dier-konflik – as ’n manier om ons bewaringspogings te misken of gering te skat.”

Die bewaringsgebiede het beklemtoon daar sou geen wild op kommunale gebiede in Namibië gewees het as dit nie was vir hul aktiewe deelname aan teenstropingspatrollies, versagtingspogings van mens-dier-konflik, en die bewusmaking binne hul onderskeie gemeenskappe nie.

“Tog blyk die uitwissing van natuurlewe ’n gewenste uitkoms te wees vir Cruise en Sasada en die organisasies wat hul onwettige aktiwiteite gefinansier het.”

Hulle sê baie van die maatskaplike probleme wat in die verslag uitgelig word, is buite die omvang van die kommunale bewaringsgebiede en hul vermoë om dit te beheer.

“Ons het nietemin, as gemeenskapsgebaseerde instellings, ’n belangrike rol om te speel om ons lede se bekommernisse onder die aandag van die regering en ander belanghebbers te bring. Alhoewel ons nie alle maatskaplike probleme op ons eie kan oplos nie, poog ons om die beperkte begrotings tot ons beskikking te gebruik om tasbare voordele vir ons gemeenskappe te bewerkstellig.”

Volgens die bewaringsgebiede het die twee joernaliste dit afgemaak as onwaardig om te oorweeg, maar het nie ’n alternatiewe of beter metode van inkomste voorgestel wat hulle kan gebruik om lede se voordele te verbeter nie.

“Dis duidelik hulle het geen belang gehad om die lewens van die mense met wie hulle onderhoude gevoer het te verbeter nie, maar het eerder probeer om hulle verder te verarm.”

“Ons bly die regmatige bewaarders van vrylopende wild op gemeenskaplike grond en ons sal voortgaan om ons natuurlike hulpbrongebaseerde bedrywe uit te brei om die vloei van voordele na ons lede te verhoog. Afrikane is al te lank afgekraak, misbruik en wanvoorgestel vir ons om meer van hierdie verskriklike behandeling aan die hand van buitelanders te aanvaar. Ons sal nie geboelie word nie,” het die bewaringsgebiede gesê.

In 'n aparte verklaring het die ?Khoadi //Hôas-bewaringsgebied – wat ook in die verslag genoem is – gesê die joernaliste het probeer om die CBNRM in Namibië te ondermyn.

“Ons maak sterk beswaar teen die manier waarop ons bewaringsgebiede uitgebeeld is en wil die talle foute en misleidende stellings regstel wat in hierdie verslag gemaak word. Hierdie individue het in ons bewaringsgebiede gekom sonder om ons in te lig oor die ware doel van hul aktiwiteite, en hoewel een van hulle (Sasada) beweer het hy doen 'navorsing' oor mens-dier-konflik, is geen navorsingspermit voorgelê nie.”

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het ook die ondersoek na Namibië se beleid en wildbestuursprogramme as onwettig en oneties beskryf.

Die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het bevestig die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het nie werkspermitte aan die twee navorsers uitgereik nie en die kommissie vir navorsing het ook nie ’n navorsingspermit goedgekeur nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%