Versekeringsmaatskappye moet in droogtedekking belê, sê Mutorwa
Plaaslike maatskappye moet geleenthede op die gebied van versekeringsdekking en finansiële strategieë in tye van droogte verken.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het hierdie voorstel verlede Woensdag gemaak tydens die bekendstelling van die eerste Afrika Droogtekonferensie wat vanaf 15 tot 19 Augustus in Windhoek sal plaasvind.
“Die las van droogteverligting moet nie net op die regering alleen rus nie. Ek is bewus van ’n hele aantal klimaatsrisiko-versekeringskemas wat in ander lande bekend gestel is. Ons versekeringsmaatskappye en banke sal op hierdie gebied moet help sodat boere teen die ergste skok van droogtes beskerm kan word,” het hy gesê.
Mutorwa het verder gesê die hele kwessie van effektiewe verligtingsmaatreëls bied geleenthede vir Namibië om waarde tot plaaslike bronne te voeg en dit te ontwikkel. Hy het homself uitgespreek teen voedselinvoere en voorgestel dat reserwes van stapelvoedsels in Namibië geproduseer word en vir die “maer jare” opgegaar word. Verder moet die regering strategiese voedselbergingsgeriewe soos silo’s en spilpunte vir vars produkte vestig. OP hierdie wyse kan in terme van voorsiening en aanvraag, na plaaslike produseerders en gemeenskappe omgesien word.
“Die situasie verg van ons om proaktief te wees en oplossings te vind wat ons weerstandsvermoë weens droogtes sal bevorder. Die meeste lande wat dikwels deur droogte getref word, misluk om behoorlik vir droogtes voor te berei. Hulle neig daarna om ná die gebeurtenis te reageer in plaas daarvan om die impak van ’n droogte deur middel van behoorlike voorbereiding te versag,” het Mutorwa gesê.
Hy het bygevoeg dat dit neig om die las op die staat te verhoog wat tot hoë vlakke van besteding aan noodlenigingsprogramme sal lei.- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie