Versekeraars wen tussenstryd
Versekeraars wen tussenstryd

Versekeraars wen tussenstryd

’n Hoërhofregter sê dis in openbare belang dat die hangende versekeringsaak oor grondwetlikheid spoedig afgehandel word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Plaaslike versekeringsmaatskappye sal nié gedwing word om herversekering by NamibRe uit te neem nie - tot die hof kan beslis oor die grondwetlikheid van dié bepaling.

Regter Thomas Masuku het gister in die guns van versekeraars beslis in die dringende aansoek wat deur die nasionale herversekeraar, NamibRe, en die ministerie van finansies gebring is.

Met dié aansoek wou die applikante versekeraars verplig om ‘n sekere persentasie van hul besigheid aan NamibRe te sedeer – glo om te verhoed dat meer as N$1 miljard Namibië jaarliks deur herversekering verlaat.

Masuku het die toepaslikheid daarvan bevraagteken dat minister Calle Schlettwein dié bepalings van die Namibië Nasionale Herversekeringskorporasie kan afkondig ná die grondwetlikheid daarvan reeds twee keer uitgedaag is.

Die minister het kennisgewings en regulasies van die Namibië Nasionale Herversekeringskorporasiewet in die Staatskoerant van 29 Desember 2017 bekend gemaak, wat in Junie vanjaar van krag geraak het en waarvolgens versekeraars 12,5% van alle plaaslike polisse aan die regering, ofte wel NamibRe moes sedeer.

‘SWAARD OOR VERSEKERAARS’

Hy het ook gesê hy twyfel nie daaroor dat die wapen, of “Damocles-swaard” wat die minister gebruik, as dwangmaatreël kan manifesteer nie.

Dít behels die moontlikheid dat versekeraars aangekla kan word van minagting van die hof indien hulle die wet nie gehoorsaam nie.

“Hy soek onmiddellike nakoming van die respondente, en as hulle dit nie doen nie, kan hulle aangekla word.

“In sy argument het die aansoekers se regsverteenwoordiger, adv. Jeremy Gauntlett, probeer om die erns en onmiddellikheid van die minister se voornemens as onbelangrik af te maak.

“Hy het aangevoer dit hou geen onmiddellike gevaar vir die respondente in om hul vryheid te verloor nie, omdat ‘n besluit om hulle tronk toe te stuur, die uiteinde van strafregtelike vervolging sal wees.

“Die skrif is egter aan die muur as dit kom by wat die aansoekers wil doen in die geval van nienakoming. . . Ek is van mening dat die aansoekers op swart en wit gehou moet word by dit wat hulle gevra het, omdat daar niks is wat aandui dat hulle intussen hiervan afgesien het nie.

“Die vraag is of die huidige verrigtinge, wat dwangaksie insluit, asook die swaard van minagting wat oor respondente se koppe hang, werklik toepaslik is in die omstandighede van dié saak?” het Masuku gesê.

GELD NIÉ VERPLAAS

Hy het die getuienis van twee Trustco-respondente aanvaar omdat die aansoekers die saak nie behoorlik aangepak het nie. Volgens hierdie respondente verplaas hulle geen geld na die buiteland nie, en nie net is die minister se besluit tot hul nadeel nie, maar lei dit bykans tot die uitwissing van hul besigheid.

Masuku het ook opdrag gegee dat sekere dele in die respondente se beëdigde verklaring geskrap word omdat dit “aanstootlik” is.

Ten slotte het hy gesê dit is noodsaaklik dat alle partye spoed aan die dag lê om die hangende uitdagings af te handel, omdat dit in die belang van die land, die regering en die versekeringsbedryf is.

“Almal kyk met ingehoue asems hoe die kwessie ontvou,” het hy gesê.

Die versekeringsmaatskappye Hollard, Sanlam, Santam, Trustco, OutSurance, OF Namibia, Old Mutual en Namibia Limited is deur advokate Raymond Heathcote, Reinhard Tötemeyer en Matthew Chaskalson verteenwoordig.

Mnre. Frank Pelser en Ramon Maasdorp tel ook onder hul regsverteenwoordigers, terwyl NamibRe en die ministerie van finansies deur adv. Jeremy Gauntlett QC SC, asook deur Luke Kelly, Sisa Namandje, Unanisa Hengari en Eliaser Nekwaya verteenwoordig is.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%